All NT OTBook
Compare Texts
Joshua 1 Judges 11

Judges 12:1-15

Judges 13 Ruth 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Jdg 12:1
 
En die manne van Efraim is saamgeroep en het oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en óns nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u huis bo u met vuur verbrand.  
 
Jdg 12:2
 
Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het 'n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie.  
 
Jdg 12:3
 
En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die HERE het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer?  
 
Jdg 12:4
 
Daarop versamel Jefta al die manne van Gílead om teen Efraim te veg; en die manne van Gílead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse.  
 
Jdg 12:5
 
En Gílead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan--dan vra die manne van Gílead vir hom: Is jy 'n Efraimiet? As hy sê: Nee,  
 
Jdg 12:6
 
dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efraim twee en veertig duisend man geval.  
 
Jdg 12:7
 
En Jefta het Israel ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van Gílead.  
 
Jdg 12:8
 
En ná hom het Ebsan, uit Betlehem, Israel gerig.  
 
Jdg 12:9
 
En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig.  
 
Jdg 12:10
 
En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem.  
 
Jdg 12:11
 
En ná hom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig.  
 
Jdg 12:12
 
En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ajalon, in die land Sébulon.  
 
Jdg 12:13
 
En ná hom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, Israel gerig.  
 
Jdg 12:14
 
En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het Israel agt jaar lank gerig.  
 
Jdg 12:15
 
En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in Píreaton, in die land Efraim, op die gebergte van die Amalekiete.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Joshua 1Judges 111 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 Judges 13Ruth 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards