All NT OTBook
Compare Texts
2 Peter 1 1 John 3

1 John 4:1-21

1 John 5 2 John 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
1Jo 4:1
 
Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.  
 
1Jo 4:2
 
Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God;  
 
1Jo 4:3
 
en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.  
 
1Jo 4:4
 
Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.  
 
1Jo 4:5
 
Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.  
 
1Jo 4:6
 
Ons is uit God; hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling.  
 
1Jo 4:7
 
Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.  
 
1Jo 4:8
 
Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.  
 
1Jo 4:9
 
Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe.  
 
1Jo 4:10
 
Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes.  
 
1Jo 4:11
 
Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.  
 
1Jo 4:12
 
Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.  
 
1Jo 4:13
 
Hieraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons, dat Hy ons van sy Gees gegee het.  
 
1Jo 4:14
 
En ons het aanskou en ons getuig dat die Vader die Seun as Verlosser van die wêreld gestuur het.  
 
1Jo 4:15
 
Elkeen wat bely dat Jesus die Seun van God is--God bly in hom, en hy in God.  
 
1Jo 4:16
 
En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom.  
 
1Jo 4:17
 
Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.  
 
1Jo 4:18
 
Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.  
 
1Jo 4:19
 
Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.  
 
1Jo 4:20
 
As iemand sê: Ek het God lief--en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?  
 
1Jo 4:21
 
En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
2 Peter 11 John 31 2 3 4 5 1 John 52 John 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards