All NT OTBook
Compare Texts
Hebrews 1 James 2

James 3:1-18

James 4 1 Peter 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Jam 3:1
 
Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons 'n groter oordeel sal ondergaan.  
 
Jam 3:2
 
Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy 'n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.  
 
Jam 3:3
 
Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee.  
 
Jam 3:4
 
Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur 'n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.  
 
Jam 3:5
 
Net so is die tong ook 'n klein lid en beroem hom op groot dinge--kyk hoe 'n groot hoop hout steek 'n klein vuurtjie aan die brand.  
 
Jam 3:6
 
Die tong is ook 'n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so 'n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.  
 
Jam 3:7
 
Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur.  
 
Jam 3:8
 
Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is 'n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.  
 
Jam 3:9
 
Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.  
 
Jam 3:10
 
Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.  
 
Jam 3:11
 
'n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?  
 
Jam 3:12
 
'n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of 'n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.  
 
Jam 3:13
 
Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.  
 
Jam 3:14
 
Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.  
 
Jam 3:15
 
Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels;  
 
Jam 3:16
 
want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.  
 
Jam 3:17
 
Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.  
 
Jam 3:18
 
En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Hebrews 1James 21 2 3 4 5 James 41 Peter 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards