| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | 2Ti 2:1 | Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is;
| |
| | 2Ti 2:2 | en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.
| |
| | 2Ti 2:3 | Ly dan verdrukking soos 'n goeie krygsman van Jesus Christus.
| |
| | 2Ti 2:4 | Niemand wat 'n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het.
| |
| | 2Ti 2:5 | En verder, as iemand aan 'n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.
| |
| | 2Ti 2:6 | Die landbouer wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet.
| |
| | 2Ti 2:7 | Dink na oor wat ek sê; en mag die Here jou insig gee in alles!
| |
| | 2Ti 2:8 | Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie,
| |
| | 2Ti 2:9 | waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos 'n kwaaddoener; maar die woord van God is nie gebonde nie.
| |
| | 2Ti 2:10 | Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.
| |
| | 2Ti 2:11 | Dit is 'n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.
| |
| | 2Ti 2:12 | As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.
| |
| | 2Ti 2:13 | As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.
| |
| | 2Ti 2:14 | Herinner aan hierdie dinge en betuig voor die Here dat hulle geen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot ondergang van die hoorders.
| |
| | 2Ti 2:15 | Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
| |
| | 2Ti 2:16 | Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,
| |
| | 2Ti 2:17 | en hulle woord sal voortwoeker soos 'n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is,
| |
| | 2Ti 2:18 | wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.
| |
| | 2Ti 2:19 | Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.
| |
| | 2Ti 2:20 | Maar in 'n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer.
| |
| | 2Ti 2:21 | As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy 'n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.
| |
| | 2Ti 2:22 | Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.
| |
| | 2Ti 2:23 | En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;
| |
| | 2Ti 2:24 | en 'n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.
| |
| | 2Ti 2:25 | Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,
| |
| | 2Ti 2:26 | en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.
| |