All NT OTBook
Compare Texts
Numbers 1 Deuteronomy 17

Deuteronomy 18:1-22

Deuteronomy 19 Joshua 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Deu 18:1
 
Die Levitiese priesters, die hele stam van Levi, mag geen deel of erfenis saam met Israel hę nie; van die vuuroffers van die HERE en van sy erfdeel moet hulle eet.  
 
Deu 18:2
 
En hy mag geen erfdeel hę onder sy broers nie; die HERE is sy erfdeel soos Hy hom beloof het.  
 
Deu 18:3
 
En dit moet die reg van die priesters wees van die kant van die volk, van die wat 'n slagoffer bring, of dit 'n bees of 'n stuk kleinvee is: hulle moet aan die priester die blad en die twee kakebene en die maag gee.  
 
Deu 18:4
 
Die eerstelinge van jou koring, jou mos en jou olie en die eerstelinge van die skeersel van jou kleinvee moet jy aan hom gee.  
 
Deu 18:5
 
Want die HERE jou God het hom uit al jou stamme uitverkies, dat hy altyd kan staan om te dien in die Naam van die HERE, hy en sy seuns.  
 
Deu 18:6
 
En as 'n Leviet uit een van jou poorte kom, uit die hele Israel waar hy as vreemdeling vertoef, en hy na hartelus kom na die plek wat die HERE sal uitkies,  
 
Deu 18:7
 
dan moet hy dien in die Naam van die HERE sy God soos al sy broers, die Leviete, wat daar voor die aangesig van die HERE staan;  
 
Deu 18:8
 
'n gelyke aandeel moet hulle geniet, behalwe wat hy verkoop volgens familiebesit.  
 
Deu 18:9
 
As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie.  
 
Deu 18:10
 
Daar mag niemand by jou gevind word wat sy seun of sy dogter deur die vuur laat deurgaan--wat met waarsęery, goëlery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie,  
 
Deu 18:11
 
of wat met besweringe omgaan, of wat 'n gees van 'n afgestorwene vra of 'n gees wat waarsę, of wat die dooies raadpleeg nie.  
 
Deu 18:12
 
Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE 'n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.  
 
Deu 18:13
 
Opreg moet jy wees met die HERE jou God.  
 
Deu 18:14
 
Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsęers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie.  
 
Deu 18:15
 
'n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister--  
 
Deu 18:16
 
net soos jy van die HERE jou God by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesę het: Ek kan die stem van die HERE my God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek.  
 
Deu 18:17
 
Toe het die HERE vir my gesę: Dit is goed wat hulle gespreek het.  
 
Deu 18:18
 
'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lę, en Hy sal aan hulle sę alles wat Ek Hom beveel.  
 
Deu 18:19
 
En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.  
 
Deu 18:20
 
Maar die profeet wat so vermetel is om 'n woord in my Naam te spreek wat Ek hom nie beveel het om te spreek nie, of wat in die naam van ander gode spreek, dié profeet moet sterwe.  
 
Deu 18:21
 
En as jy in jou hart sę: Hoe sal ons die woord weet wat die HERE nie gespreek het nie? --  
 
Deu 18:22
 
as die profeet in die Naam van die HERE spreek, en wat hy gesę het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die HERE nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Numbers 1Deuteronomy 171 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 Deuteronomy 19Joshua 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards