All NT OTBook
Compare Texts
Galatians 1 Ephesians 4

Ephesians 5:1-33

Ephesians 6 Philippians 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Eph 5:1
 
Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders;  
 
Eph 5:2
 
en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur.  
 
Eph 5:3
 
Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;  
 
Eph 5:4
 
ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.  
 
Eph 5:5
 
Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat 'n afgodedienaar is, 'n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.  
 
Eph 5:6
 
Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.  
 
Eph 5:7
 
Wees dan nie hulle deelgenote nie.  
 
Eph 5:8
 
Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here--wandel soos kinders van die lig.  
 
Eph 5:9
 
Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.  
 
Eph 5:10
 
En beproef wat die Here welbehaaglik is;  
 
Eph 5:11
 
en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.  
 
Eph 5:12
 
Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.  
 
Eph 5:13
 
Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.  
 
Eph 5:14
 
Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.  
 
Eph 5:15
 
Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;  
 
Eph 5:16
 
en koop die tyd uit, omdat die dae boos is.  
 
Eph 5:17
 
Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.  
 
Eph 5:18
 
Moenie dronk word van wyn nie--daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.  
 
Eph 5:19
 
Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,  
 
Eph 5:20
 
terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,  
 
Eph 5:21
 
en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.  
 
Eph 5:22
 
Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.  
 
Eph 5:23
 
Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.  
 
Eph 5:24
 
Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.  
 
Eph 5:25
 
Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het  
 
Eph 5:26
 
om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,  
 
Eph 5:27
 
sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.  
 
Eph 5:28
 
So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;  
 
Eph 5:29
 
want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.  
 
Eph 5:30
 
Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.  
 
Eph 5:31
 
Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word.  
 
Eph 5:32
 
Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.  
 
Eph 5:33
 
In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Galatians 1Ephesians 41 2 3 4 5 6 Ephesians 6Philippians 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards