| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Gal 5:1 | Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.
| |
| | Gal 5:2 | Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie.
| |
| | Gal 5:3 | En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.
| |
| | Gal 5:4 | Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval.
| |
| | Gal 5:5 | Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop.
| |
| | Gal 5:6 | Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk.
| |
| | Gal 5:7 | Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees?
| |
| | Gal 5:8 | Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie.
| |
| | Gal 5:9 | 'n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.
| |
| | Gal 5:10 | Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.
| |
| | Gal 5:11 | Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig!
| |
| | Gal 5:12 | Ag, as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink!
| |
| | Gal 5:13 | Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.
| |
| | Gal 5:14 | Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
| |
| | Gal 5:15 | Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie.
| |
| | Gal 5:16 | Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie;
| |
| | Gal 5:17 | want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie.
| |
| | Gal 5:18 | Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
| |
| | Gal 5:19 | En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid;
| |
| | Gal 5:20 | afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap;
| |
| | Gal 5:21 | afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
| |
| | Gal 5:22 | Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
| |
| | Gal 5:23 | Teen sulke dinge is die wet nie.
| |
| | Gal 5:24 | Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig.
| |
| | Gal 5:25 | As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.
| |
| | Gal 5:26 | Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.
| |