| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | 2Cr 11:1 | Ag, as julle my net 'n bietjie in my dwaasheid wou verdra! Verdra my tog maar!
| |
| | 2Cr 11:2 | Want ek is jaloers oor julle met 'n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as 'n reine maagd aan Christus voor te stel.
| |
| | 2Cr 11:3 | Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.
| |
| | 2Cr 11:4 | Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.
| |
| | 2Cr 11:5 | Want ek reken dat ek niks agterstaan by dié uitnemende apostels nie.
| |
| | 2Cr 11:6 | En al is ek ook onbedrewe in woord, dan tog nie in kennis nie; maar ons het ten volle in alle opsigte openbaar geword by julle.
| |
| | 2Cr 11:7 | Of het ek sonde gedoen deur my te verneder sodat julle verhoog kan word, omdat ek die evangelie van God kosteloos aan julle verkondig het?
| |
| | 2Cr 11:8 | Ander gemeentes het ek beroof deur vergoeding te neem om julle te bedien; en toe ek by julle teenwoordig was en gebrek gehad het, het ek niemand lastig geval nie.
| |
| | 2Cr 11:9 | Want in my gebrek het die broeders voorsien wat van Macedónië gekom het. En ek het my in alles in ag geneem om julle nie te beswaar nie, en ek sal my in ag neem.
| |
| | 2Cr 11:10 | So seker as die waarheid van Christus in my is, sal hierdie roem in die streke van Acháje my nie ontneem word nie.
| |
| | 2Cr 11:11 | Waarom? Omdat ek julle nie liefhet nie? God weet dit.
| |
| | 2Cr 11:12 | Maar wat ek doen, sal ek nog doen om die aanleiding af te sny vir die wat 'n aanleiding wil hę, sodat hulle in die saak waar hulle op roem, net soos ons bevind mag word.
| |
| | 2Cr 11:13 | Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.
| |
| | 2Cr 11:14 | En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig.
| |
| | 2Cr 11:15 | Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.
| |
| | 2Cr 11:16 | Weer sę ek dat niemand moet dink dat ek dwaas is nie; of anders, neem my maar aan as 'n dwaas, sodat ek ook 'n bietjie kan roem.
| |
| | 2Cr 11:17 | Wat ek spreek, sę ek nie vanweë die Here nie, maar as in dwaasheid, in hierdie vertroue dat ek mag roem.
| |
| | 2Cr 11:18 | Terwyl baie na die vlees roem, sal ek ook roem.
| |
| | 2Cr 11:19 | Want julle verdra graag die dwase, omdat julle so verstandig is!
| |
| | 2Cr 11:20 | Julle verdra dit mos as iemand knegte van julle maak, as iemand julle opeet, as iemand julle beetneem, as iemand hom aanstel, as iemand julle in die gesig slaan.
| |
| | 2Cr 11:21 | Tot my skande moet ek erken dat ons daarvoor te swak was; maar as iemand dit aandurf--ek spreek in dwaasheid--ek durf ook.
| |
| | 2Cr 11:22 | Is hulle Hebreërs? Ek ook. Is hulle Israeliete? Ek ook. Is hulle die nakomelinge van Abraham? Ek ook.
| |
| | 2Cr 11:23 | Is hulle dienaars van Christus? --ek praat in uitsinnigheid--ek nog meer: in arbeid oorvloediger, in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels.
| |
| | 2Cr 11:24 | Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na.
| |
| | 2Cr 11:25 | Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, 'n nag en 'n dag het ek op die diepwater deurgebring--
| |
| | 2Cr 11:26 | dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse broeders;
| |
| | 2Cr 11:27 | in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid.
| |
| | 2Cr 11:28 | Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis, die sorg vir al die gemeentes.
| |
| | 2Cr 11:29 | Wie is swak en ek is nie swak nie? Aan wie word 'n struikelblok in die weg gelę en ek is nie aan die brand nie?
| |
| | 2Cr 11:30 | As daar geroem moet word, sal ek in my swakhede roem.
| |
| | 2Cr 11:31 | Die God en Vader van onse Here Jesus Christus, geseënd tot in ewigheid, weet dat ek nie lieg nie.
| |
| | 2Cr 11:32 | In Damaskus het die goewerneur van koning Arétas die stad van die Damaskéners laat bewaak om my te vang;
| |
| | 2Cr 11:33 | en ek is in 'n mandjie deur 'n venster in die muur neergelaat en het aan sy hande ontkom.
| |