All NT OTBook
Compare Texts
Romans 1 1 Corinthians 2

1 Corinthians 3:1-23

1 Corinthians 4 2 Corinthians 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
1Cr 3:1
 
En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus.  
 
1Cr 3:2
 
Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie,  
 
1Cr 3:3
 
omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie?  
 
1Cr 3:4
 
Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos--is julle nie vleeslik nie?  
 
1Cr 3:5
 
Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het.  
 
1Cr 3:6
 
Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei.  
 
1Cr 3:7
 
So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.  
 
1Cr 3:8
 
Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang.  
 
1Cr 3:9
 
Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.  
 
1Cr 3:10
 
Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos 'n bekwame boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.  
 
1Cr 3:11
 
Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.  
 
1Cr 3:12
 
En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels--  
 
1Cr 3:13
 
elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is.  
 
1Cr 3:14
 
As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang;  
 
1Cr 3:15
 
as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen.  
 
1Cr 3:16
 
Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie?  
 
1Cr 3:17
 
As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle.  
 
1Cr 3:18
 
Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word;  
 
1Cr 3:19
 
want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;  
 
1Cr 3:20
 
en verder: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense, dat dit nietig is.  
 
1Cr 3:21
 
Laat niemand dan op mense roem nie, want alles behoort aan julle;  
 
1Cr 3:22
 
of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge--alles behoort aan julle;  
 
1Cr 3:23
 
maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Romans 11 Corinthians 21 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 1 Corinthians 42 Corinthians 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards