All NT OTBook
Compare Texts
John 1 Acts 14

Acts 15:1-41

Acts 16 Romans 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Act 15:1
 
En sekere persone wat van Judéa afgekom het, het die broeders geleer: As julle nie besny word volgens die gebruik van Moses nie, kan julle nie gered word nie.  
 
Act 15:2
 
Toe daar nou geen klein stryd en woordewisseling van die kant van Paulus en Bárnabas teen hulle ontstaan het nie, het hulle besluit dat Paulus en Bárnabas en nog 'n paar ander van hulle sou opgaan na die apostels en ouderlinge in Jerusalem in verband met hierdie vraagstuk.  
 
Act 15:3
 
En hulle is deur die gemeente uitgelei en het Fenícië en Samaría deurgegaan en vertel van die bekering van die heidene, en aan al die broeders groot blydskap verskaf.  
 
Act 15:4
 
En by hulle aankoms in Jerusalem is hulle ontvang deur die gemeente en die apostels en die ouderlinge; en hulle het verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het.  
 
Act 15:5
 
Maar sommige gelowiges uit die party van die Fariseërs het opgestaan en gesê: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.  
 
Act 15:6
 
En die apostels en die ouderlinge het vergader om hierdie saak te ondersoek.  
 
Act 15:7
 
En toe daar 'n groot woordewisseling plaasvind, het Petrus opgestaan en vir hulle gesê: Broeders, julle weet dat God lank gelede onder ons verkies het dat die heidene deur my mond die woord van die evangelie sal hoor en gelowig word.  
 
Act 15:8
 
En God wat die harte ken, het vir hulle getuienis gegee deur aan hulle die Heilige Gees te skenk net soos aan ons.  
 
Act 15:9
 
En Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie, aangesien Hy hulle harte gereinig het deur die geloof.  
 
Act 15:10
 
Nou dan, waarom versoek julle God deur op die nek van die dissipels 'n juk te lê wat ons vaders en ook ons nie in staat was om te dra nie?  
 
Act 15:11
 
Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.  
 
Act 15:12
 
En die hele menigte het geswyg en na Bárnabas en Paulus geluister, terwyl hulle van al die tekens en wonders vertel wat God deur hulle onder die heidene gedoen het.  
 
Act 15:13
 
En nadat hulle geswyg het, antwoord Jakobus en sê: Broeders, luister na my!  
 
Act 15:14
 
Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om 'n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem.  
 
Act 15:15
 
En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is:  
 
Act 15:16
 
Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel,  
 
Act 15:17
 
sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.  
 
Act 15:18
 
Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.  
 
Act 15:19
 
Daarom oordeel ek dat ons die wat uit die heidene hulle tot God bekeer, nie moet bemoeilik nie,  
 
Act 15:20
 
maar aan hulle skrywe dat hulle hul moet onthou van die dinge wat deur die afgode besoedel is en van hoerery en van wat verwurg is en van bloed.  
 
Act 15:21
 
Want van die ou tyd af het Moses in elke stad diegene wat hom verkondig, terwyl hy elke sabbat in die sinagoges gelees word.  
 
Act 15:22
 
Toe het die apostels en die ouderlinge saam met die hele gemeente besluit om manne uit hulle te kies en na Antiochíë te stuur saam met Paulus en Bárnabas, naamlik Judas, met die bynaam van Bársabas, en Silas, manne wat voorgangers onder die broeders was.  
 
Act 15:23
 
En hulle het deur hul bemiddeling dít geskrywe: Die apostels en die ouderlinge en die broeders aan die broeders uit die heidene in Antiochíë en Sírië en Cilícië: Groete!  
 
Act 15:24
 
Aangesien ons gehoor het dat sommige wat van ons uitgegaan het, aan wie ons geen opdrag gegee het nie, julle met woorde ontstel en julle gemoedere verontrus deur te sê dat julle besny moet word en die wet moet onderhou,  
 
Act 15:25
 
het ons eenparig besluit om manne te kies en na julle te stuur saam met ons geliefde Bárnabas en Paulus--  
 
Act 15:26
 
manne wat hulle lewe oorgegee het vir die Naam van onse Here Jesus Christus.  
 
Act 15:27
 
Ons het dan Judas en Silas afgevaardig om ook mondeling dieselfde berig te bring.  
 
Act 15:28
 
Want die Heilige Gees en ons het besluit om verder geen las op julle te lê nie as hierdie noodsaaklike dinge:  
 
Act 15:29
 
dat julle jul onthou van afgodsoffers en van bloed en van wat verwurg is en van hoerery. As julle jul hiervan onthou, sal julle goed doen. Vaarwel!  
 
Act 15:30
 
So is hulle dan weggestuur en het in Antiochíë gekom, en hulle het die menigte bymekaargeroep en die brief afgelewer.  
 
Act 15:31
 
En toe hulle dit gelees het, was hulle bly oor die bemoediging.  
 
Act 15:32
 
En Judas en Silas, wat self ook profete was, het die broeders met baie woorde bemoedig en versterk.  
 
Act 15:33
 
En nadat hulle 'n tyd daar deurgebring het, het die broeders hulle met vrede na die apostels laat gaan.  
 
Act 15:34
 
Maar Silas het besluit om daar te bly.  
 
Act 15:35
 
En Paulus en Bárnabas het in Antiochíë gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig.  
 
Act 15:36
 
En 'n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.  
 
Act 15:37
 
En Bárnabas wou Johannes, wat Markus genoem word, saamneem.  
 
Act 15:38
 
Maar Paulus het dit nie reg geag om hóm saam te neem wat van Pamfílië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie.  
 
Act 15:39
 
Daar het toe 'n verbittering ontstaan, sodat hulle van mekaar geskei het; en Bárnabas het Markus saamgeneem en na Ciprus uitgeseil.  
 
Act 15:40
 
Maar Paulus het Silas gekies en afgereis nadat hy deur die broeders aan die genade van God opgedra was.  
 
Act 15:41
 
En hy het Sírië en Cilícië deurgegaan en die gemeentes versterk.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
John 1Acts 141 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 Acts 16Romans 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards