All NT OTBook
Compare Texts
Luke 1 John 8

John 9:1-41

John 10 Acts 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Jhn 9:1
 
En toe Hy verbygaan, sien Hy 'n man wat blind was van sy geboorte af.  
 
Jhn 9:2
 
En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is?  
 
Jhn 9:3
 
Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word.  
 
Jhn 9:4
 
Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.  
 
Jhn 9:5
 
So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld.  
 
Jhn 9:6
 
En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man  
 
Jhn 9:7
 
en sê vir hom: Gaan was jou in die badwater Silóam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.  
 
Jhn 9:8
 
Die bure dan en die wat hom vroeër gesien het dat hy blind was, sê toe: Is hy nie die een wat gesit en bedel het nie?  
 
Jhn 9:9
 
Ander sê: Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek.  
 
Jhn 9:10
 
Hulle sê vir hom: Hoe is jou oë geopen?  
 
Jhn 9:11
 
Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Silóam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien.  
 
Jhn 9:12
 
En hulle sê vir hom: Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie.  
 
Jhn 9:13
 
Hulle bring hom na die Fariseërs--die man wat vroeër blind was.  
 
Jhn 9:14
 
En dit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het.  
 
Jhn 9:15
 
Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien.  
 
Jhn 9:16
 
En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan 'n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle.  
 
Jhn 9:17
 
Weer sê hulle vir die blinde man: Jy, wat sê jy van Hom, aangesien Hy jou oë geopen het? En hy antwoord: Hy is 'n profeet.  
 
Jhn 9:18
 
En die Jode het dit nie van hom geglo dat hy blind was en siende geword het nie, totdat hulle die ouers geroep het van hom wat siende geword het.  
 
Jhn 9:19
 
En hulle vra hul en sê: Is dit julle seun van wie julle sê dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?  
 
Jhn 9:20
 
Sy ouers antwoord hulle en sê: Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is;  
 
Jhn 9:21
 
maar hoe hy nou sien, weet ons nie; of wie sy oë geopen het, weet ons nie. Hy is self oud genoeg, vra hom; hy sal vir homself praat.  
 
Jhn 9:22
 
Dit het sy ouers gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het al ooreengekom dat as iemand Hom as die Christus bely, hy uit die sinagoge geban sou word.  
 
Jhn 9:23
 
Daarom het sy ouers gesê: Hy is oud genoeg, vra hom.  
 
Jhn 9:24
 
Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man 'n sondaar is.  
 
Jhn 9:25
 
En hy antwoord en sê: Of Hy 'n sondaar is, weet ek nie. Een ding weet ek: dat ek blind was en nou sien.  
 
Jhn 9:26
 
En hulle sê weer vir hom: Wat het Hy vir jou gedoen? Hoe het Hy jou oë geopen?  
 
Jhn 9:27
 
Hy antwoord hulle: Ek het julle dit alreeds gesê, en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?  
 
Jhn 9:28
 
Hulle skel hom toe uit en sê: Jy is 'n dissipel van daardie man, maar ons is dissipels van Moses.  
 
Jhn 9:29
 
Ons weet dat God met Moses gespreek het; maar wat Hom betref, ons weet nie van waar Hy is nie.  
 
Jhn 9:30
 
Die man antwoord en sê vir hulle: Hierin is tog iets wonderliks dat julle nie weet van waar Hy is nie, en Hy het my oë geopen!  
 
Jhn 9:31
 
En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, dié verhoor Hy.  
 
Jhn 9:32
 
Van ouds af is dit nie gehoor dat iemand die oë van 'n blindgebore mens geopen het nie.  
 
Jhn 9:33
 
As Hy nie van God was nie, sou Hy niks kan doen nie.  
 
Jhn 9:34
 
Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgeban.  
 
Jhn 9:35
 
Jesus het gehoor dat hulle hom uitgeban het; en toe Hy hom kry, sê Hy vir hom: Glo jy in die Seun van God?  
 
Jhn 9:36
 
Hy antwoord en sê: Wie is Hy, Here, dat ek in Hom kan glo?  
 
Jhn 9:37
 
En Jesus sê vir hom: Jy het Hom gesien; en Hy wat met jou spreek, dit is Hy.  
 
Jhn 9:38
 
Toe sê hy: Ek glo, Here! En hy het Hom aanbid.  
 
Jhn 9:39
 
En Jesus sê: Tot 'n oordeel het Ek in hierdie wêreld gekom, sodat die wat nie sien nie, mag sien, en die wat sien, blind mag word.  
 
Jhn 9:40
 
En dié van die Fariseërs wat by Hom was, het dit gehoor en vir Hom gesê: Is ons dan ook blind?  
 
Jhn 9:41
 
Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Luke 1John 81 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 John 10Acts 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards