All NT OTBook
Compare Texts
Luke 1 John 18

John 19:1-42

John 20 Acts 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Jhn 19:1
 
Toe neem Pilatus dan vir Jesus en laat Hom gésel.  
 
Jhn 19:2
 
En die soldate het 'n kroon van dorings gevleg en dit op sy hoof gesit, en 'n purper kleed om Hom gewerp  
 
Jhn 19:3
 
en gesê: Wees gegroet, Koning van die Jode! En hulle het Hom in die aangesig geslaan.  
 
Jhn 19:4
 
Pilatus gaan toe weer buitentoe en sê vir hulle: Kyk, ek bring Hom vir julle uit buitentoe, sodat julle kan weet dat ek in Hom geen skuld vind nie.  
 
Jhn 19:5
 
En Jesus het uitgekom buitentoe en die doringkroon en die purperkleed gedra. En Pilatus sê vir hulle: Dáár is die mens!  
 
Jhn 19:6
 
En toe die owerpriesters en die dienaars Hom sien, skreeu hulle en sê: Kruisig, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Neem julle Hom en kruisig Hom, want ek vind geen skuld in Hom nie.  
 
Jhn 19:7
 
Die Jode antwoord hom: Ons het 'n wet en volgens ons wet moet Hy sterf, omdat Hy Homself die Seun van God gemaak het.  
 
Jhn 19:8
 
En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy nog meer bevrees geword  
 
Jhn 19:9
 
en weer in die paleis ingegaan en vir Jesus gesê: Van waar is U? Maar Jesus het hom geen antwoord gegee nie.  
 
Jhn 19:10
 
En Pilatus sê vir Hom: Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek mag het om U te kruisig en mag het om U los te laat nie?  
 
Jhn 19:11
 
Jesus antwoord: U sou geen mag teen My hê as dit u nie van bo gegee was nie. Daarom het hy wat My aan u oorlewer, groter sonde.  
 
Jhn 19:12
 
Hierop het Pilatus probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskreeu en gesê: As u Hom loslaat, is u nie die keiser se vriend nie. Elkeen wat homself koning maak, kom in verset teen die keiser.  
 
Jhn 19:13
 
En toe Pilatus hierdie woord hoor, het hy Jesus buitentoe gebring en op die regterstoel gaan sit in die plek wat Plaveisel genoem word, en in Hebreeus Gábbata.  
 
Jhn 19:14
 
En dit was die voorbereiding vir die pasga en omtrent die sesde uur. Toe sê hy vir die Jode: Dáár is julle Koning!  
 
Jhn 19:15
 
Maar hulle skreeu: Neem weg, neem weg, kruisig Hom! Pilatus sê vir hulle: Moet ek julle Koning kruisig? Die owerpriesters antwoord: Ons het geen koning behalwe die keiser nie.  
 
Jhn 19:16
 
Toe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En hulle het Jesus geneem en Hom weggelei.  
 
Jhn 19:17
 
En Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Gólgota,  
 
Jhn 19:18
 
waar hulle Hom gekruisig het en saam met Hom twee ander, een aan elke kant, en Jesus in die middel.  
 
Jhn 19:19
 
En Pilatus het ook 'n opskrif geskrywe en dit op die kruis gesit; en daar was geskrywe: JESUS, DIE NASARÉNER, DIE KONING VAN DIE JODE.  
 
Jhn 19:20
 
Hierdie opskrif dan het baie van die Jode gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was; en dit was geskrywe in Hebreeus en Grieks en Latyn.  
 
Jhn 19:21
 
En die owerpriesters van die Jode het vir Pilatus gesê: Moenie skrywe: Die Koning van die Jode nie; maar dat Hy gesê het: Ek is die Koning van die Jode.  
 
Jhn 19:22
 
Pilatus het geantwoord: Wat ek geskryf het, het ek geskrywe.  
 
Jhn 19:23
 
En toe die soldate Jesus gekruisig het, neem hulle sy klere en maak vier dele, vir elke soldaat 'n deel, en die onderkleed; maar die onderkleed was sonder naat, van bo af in een stuk gewewe.  
 
Jhn 19:24
 
En hulle het vir mekaar gesê: Laat ons dit nie skeur nie, maar laat ons die lot daaroor werp, wie s'n dit sal wees--sodat die Skrif vervul sou word wat sê: Hulle het my klere onder mekaar verdeel en oor my gewaad het hulle die lot gewerp. Dit het die soldate dan gedoen.  
 
Jhn 19:25
 
En by die kruis van Jesus het gestaan sy moeder en sy moeder se suster, Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdaléna.  
 
Jhn 19:26
 
En toe Jesus sy moeder sien en die dissipel wat Hy liefgehad het, by haar staan, sê Hy vir sy moeder: Vrou, dáár is u seun!  
 
Jhn 19:27
 
Daarop sê Hy vir die dissipel: Dáár is jou moeder! En van daardie uur af het die dissipel haar in sy huis geneem.  
 
Jhn 19:28
 
Hierna, omdat Hy geweet het dat alles al volbring was--sodat die Skrif vervul sou word--het Jesus gesê: Ek het dors!  
 
Jhn 19:29
 
En daar het 'n kan vol asyn gestaan; en hulle het 'n spons met asyn gevul en op 'n hisopstingel gesit en aan sy mond gebring.  
 
Jhn 19:30
 
En toe Jesus die asyn geneem het, sê Hy: Dit is volbring! En Hy het sy hoof gebuig en die gees gegee.  
 
Jhn 19:31
 
En dat die liggame nie op die sabbat aan die kruis sou bly nie, aangesien dit die voorbereiding was--want die dag van daardie sabbat was groot--het die Jode Pilatus gevra dat hulle bene gebreek en hulle weggeneem moes word.  
 
Jhn 19:32
 
Die soldate het toe gekom en die bene van die eerste een gebreek en van die ander een wat saam met Hom gekruisig was;  
 
Jhn 19:33
 
maar toe hulle by Jesus kom en sien dat Hy al dood was, het hulle sy bene nie gebreek nie.  
 
Jhn 19:34
 
Maar een van die soldate het met 'n spies in sy sy gesteek, en dadelik het daar bloed en water uitgekom.  
 
Jhn 19:35
 
En hy wat dit gesien het, het dit getuig, en sy getuienis is waaragtig; en hy weet dat hy die waarheid spreek, sodat julle kan glo.  
 
Jhn 19:36
 
Want hierdie dinge het gebeur, dat die Skrif vervul sou word: Geen been van Hom sal gebreek word nie.  
 
Jhn 19:37
 
En weer sê 'n ander Skrif: Hulle sal sien in wie hulle gesteek het.  
 
Jhn 19:38
 
En ná hierdie dinge het Josef van Arimathéa, wat 'n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode, vir Pilatus gevra of hy die liggaam van Jesus mag wegneem. En Pilatus het dit toegelaat. Hy het toe gegaan en die liggaam van Jesus weggeneem.  
 
Jhn 19:39
 
En Nikodémus, wat die eerste maal in die nag na Jesus gegaan het, het ook gekom met 'n mengsel van mirre en alewee van omtrent honderd pond gewig.  
 
Jhn 19:40
 
En hulle het die liggaam van Jesus geneem en dit in doeke toegedraai saam met die speserye, soos die gewoonte van die Jode is om te begrawe.  
 
Jhn 19:41
 
En daar was op die plek waar Hy gekruisig is, 'n tuin, en in die tuin 'n nuwe graf waar nog nooit iemand in neergelê was nie.  
 
Jhn 19:42
 
Daar het hulle Jesus toe neergelê weens die voorbereiding van die Jode, omdat die graf naby was.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Luke 1John 181 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 John 20Acts 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards