All NT OTBook
Compare Texts
Luke 1 John 16

John 17:1-26

John 18 Acts 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Jhn 17:1
 
Dit het Jesus gespreek, en Hy het sy oë na die hemel opgehef en gesê: Vader, die uur het gekom; verheerlik u Seun, sodat u Seun U ook kan verheerlik--  
 
Jhn 17:2
 
soos U Hom mag oor alle vlees gegee het, sodat Hy aan almal wat U Hom gegee het, die ewige lewe kan gee.  
 
Jhn 17:3
 
En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.  
 
Jhn 17:4
 
Ek het U verheerlik op die aarde. Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek volbring.  
 
Jhn 17:5
 
En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was.  
 
Jhn 17:6
 
Ek het u Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord bewaar.  
 
Jhn 17:7
 
Nou weet hulle dat alles wat U My gegee het, van U kom.  
 
Jhn 17:8
 
Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het.  
 
Jhn 17:9
 
Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.  
 
Jhn 17:10
 
En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik.  
 
Jhn 17:11
 
En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons.  
 
Jhn 17:12
 
Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.  
 
Jhn 17:13
 
Maar nou kom Ek na U toe; en Ek spreek hierdie dinge in die wêreld, sodat hulle my blydskap volkome in hulle kan hê.  
 
Jhn 17:14
 
Ek het hulle u woord gegee, en die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.  
 
Jhn 17:15
 
Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar.  
 
Jhn 17:16
 
Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.  
 
Jhn 17:17
 
Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid.  
 
Jhn 17:18
 
Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur.  
 
Jhn 17:19
 
En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees.  
 
Jhn 17:20
 
Maar Ek bid nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo--  
 
Jhn 17:21
 
dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het.  
 
Jhn 17:22
 
En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is.  
 
Jhn 17:23
 
Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.  
 
Jhn 17:24
 
Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.  
 
Jhn 17:25
 
Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het.  
 
Jhn 17:26
 
En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Luke 1John 161 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 John 18Acts 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards