All NT OTBook
Compare Texts
Luke 1 Luke 24

John 1:1-51

John 2 Acts 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Jhn 1:1
 
In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.  
 
Jhn 1:2
 
Hy was in die begin by God.  
 
Jhn 1:3
 
Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie.  
 
Jhn 1:4
 
In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.  
 
Jhn 1:5
 
En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.  
 
Jhn 1:6
 
Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.  
 
Jhn 1:7
 
Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.  
 
Jhn 1:8
 
Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig.  
 
Jhn 1:9
 
Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld.  
 
Jhn 1:10
 
Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.  
 
Jhn 1:11
 
Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie.  
 
Jhn 1:12
 
Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;  
 
Jhn 1:13
 
wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van 'n man nie, maar uit God gebore is.  
 
Jhn 1:14
 
En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon--en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom--vol van genade en waarheid.  
 
Jhn 1:15
 
Johannes getuig van Hom en roep en sê: Dit was Hy van wie ek gesê het: Hy wat ná my kom, het voor my geword, want Hy was eerder as ek.  
 
Jhn 1:16
 
En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.  
 
Jhn 1:17
 
Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom.  
 
Jhn 1:18
 
Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar.  
 
Jhn 1:19
 
En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?  
 
Jhn 1:20
 
En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.  
 
Jhn 1:21
 
Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.  
 
Jhn 1:22
 
Toe sê hulle vir hom: Wie is u? --dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?  
 
Jhn 1:23
 
Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.  
 
Jhn 1:24
 
En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.  
 
Jhn 1:25
 
En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of die profeet is nie?  
 
Jhn 1:26
 
Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie--  
 
Jhn 1:27
 
dit is Hy wat ná my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.  
 
Jhn 1:28
 
Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.  
 
Jhn 1:29
 
Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!  
 
Jhn 1:30
 
Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom 'n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek.  
 
Jhn 1:31
 
En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop.  
 
Jhn 1:32
 
En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos 'n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly.  
 
Jhn 1:33
 
En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop.  
 
Jhn 1:34
 
En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is.  
 
Jhn 1:35
 
Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels;  
 
Jhn 1:36
 
en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God!  
 
Jhn 1:37
 
En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg.  
 
Jhn 1:38
 
En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle: (1:39) Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi--dit wil sê, as dit vertaal word, Meester--waar is U tuis?  
 
Jhn 1:39
 
(1:40) Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur.  
 
Jhn 1:40
 
(1:41) Andréas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit van Johannes gehoor en Hom gevolg het.  
 
Jhn 1:41
 
(1:42) Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Messías gevind--dit is, as dit vertaal word, die Christus.  
 
Jhn 1:42
 
(1:43) En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Céfas, wat vertaal word Petrus.  
 
Jhn 1:43
 
(1:44) Die volgende dag wou Jesus na Galiléa vertrek; en Hy het Filippus gekry en vir hom gesê: Volg My.  
 
Jhn 1:44
 
(1:45) En Filippus was van Betsáida, uit die stad van Andréas en Petrus.  
 
Jhn 1:45
 
(1:46) Filippus het Natánael gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe het: Jesus, die seun van Josef van Násaret.  
 
Jhn 1:46
 
(1:47) En Natánael sê vir hom: Kan daar uit Násaret iets goeds wees? Filippus antwoord hom: Kom kyk.  
 
Jhn 1:47
 
(1:48) Daarop sien Jesus Natánael na Hom toe kom en sê van hom: Hier is waarlik 'n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie.  
 
Jhn 1:48
 
(1:49) Natánael sê vir Hom: Waarvandaan ken U my? Jesus antwoord en sê vir hom: Voordat Filippus jou geroep het toe jy onder die vyeboom was, het Ek jou gesien.  
 
Jhn 1:49
 
(1:50) Natánael antwoord en sê vir Hom: Rabbi, U is die Seun van God, U is die Koning van Israel!  
 
Jhn 1:50
 
(1:51) Jesus antwoord en sê vir hom: Glo jy omdat Ek vir jou gesê het: Ek het jou onder die vyeboom gesien? Jy sal groter dinge sien as dit.  
 
Jhn 1:51
 
(1:52) En Hy sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, van nou af sal julle die hemel geopend sien en die engele van God opklim en neerdaal op die Seun van die mens.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Luke 1Luke 241 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 John 2Acts 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards