| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Luk 23:1 | En die hele menigte van hulle het opgestaan en Hom na Pilatus gelei.
| |
| | Luk 23:2 | En hulle het Hom begin beskuldig en sê: Ons het gevind dat hierdie man die volk verlei en verbied om aan die keiser belasting te betaal, terwyl Hy sê dat Hy self Christus, die Koning, is.
| |
| | Luk 23:3 | Toe vra Pilatus Hom en sê: Is U die Koning van die Jode? En Hy antwoord hom en sê: U sê dit.
| |
| | Luk 23:4 | En Pilatus sê vir die owerpriesters en die skare: Ek vind geen skuld in hierdie man nie.
| |
| | Luk 23:5 | Maar hulle het aangehou en gesê: Hy maak die volk oproerig met sy leer die hele Judéa deur, vandat Hy in Galiléa begin het tot hiertoe.
| |
| | Luk 23:6 | En toe Pilatus van Galiléa hoor, vra hy of die man 'n Galiléër is.
| |
| | Luk 23:7 | En nadat hy verneem het dat Hy uit die magsgebied van Herodes was, stuur hy Hom na Herodes wat self ook in daardie dae in Jerusalem was.
| |
| | Luk 23:8 | En toe Herodes Jesus sien, was hy baie bly, want hy was al geruime tyd begerig om Hom te sien, omdat hy veel van Hom gehoor het; en hy het gehoop om een of ander teken te sien wat deur Hom gedoen sou word.
| |
| | Luk 23:9 | En hy het Hom met baie woorde uitgevra, maar Hy het hom niks geantwoord nie.
| |
| | Luk 23:10 | En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het Hom heftig staan en beskuldig.
| |
| | Luk 23:11 | En nadat Herodes saam met sy soldate Hom met veragting behandel en bespot het, werp hy Hom 'n blink kleed om en stuur Hom terug na Pilatus.
| |
| | Luk 23:12 | En Pilatus en Herodes het op daardie dag goeie vriende geword, want hulle was vantevore in vyandskap teenoor mekaar.
| |
| | Luk 23:13 | Toe roep Pilatus die owerpriesters en die owerstes en die volk bymekaar en sê vir hulle:
| |
| | Luk 23:14 | Julle het hierdie man na my gebring as een wat die volk afvallig maak. En nou het ek in julle teenwoordigheid ondersoek ingestel en in hierdie man geen skuld gevind aan die dinge waarvan julle Hom beskuldig nie;
| |
| | Luk 23:15 | ja, ook Herodes nie, want ek het julle na hom gestuur; en daar is deur Hom niks gedoen wat die dood verdien nie.
| |
| | Luk 23:16 | Nadat ek Hom dan gekasty het, sal ek Hom loslaat.
| |
| | Luk 23:17 | En hy was verplig om vir hulle op die fees een los te laat.
| |
| | Luk 23:18 | Maar die hele menigte skreeu en sê: Weg met Hom, en laat vir ons Barábbas los!
| |
| | Luk 23:19 | Dié was oor 'n sekere opstand wat in die stad plaasgevind het, en oor 'n moord in die gevangenis gewerp.
| |
| | Luk 23:20 | Daarop spreek Pilatus hulle weer toe, omdat hy Jesus wou loslaat;
| |
| | Luk 23:21 | maar hulle het aangehou roep en sê: Kruisig, kruisig Hom!
| |
| | Luk 23:22 | En vir die derde keer sê hy vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Ek het in Hom niks gevind wat die dood verdien nie. Ek sal Hom dan kasty en loslaat.
| |
| | Luk 23:23 | Maar hulle het aangehou met 'n harde geroep en geëis dat Hy gekruisig moes word; en hulle geroep en dié van die owerpriesters het die oorhand gekry.
| |
| | Luk 23:24 | Toe gee Pilatus uitspraak dat aan hulle eis voldoen moet word.
| |
| | Luk 23:25 | En hy het die een vir hulle losgelaat wat oor opstand en moord in die gevangenis gewerp was, die een wat hulle geëis het. Maar Jesus het hy aan hulle wil oorgelewer.
| |
| | Luk 23:26 | En toe hulle Hom weglei, neem hulle 'n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, en sit die kruis op hom om dit agter Jesus aan te dra.
| |
| | Luk 23:27 | En 'n groot menigte van die volk het Hom gevolg, en vroue wat rou bedryf en Hom beklaag het.
| |
| | Luk 23:28 | Maar Jesus het Hom omgedraai en vir hulle gesê: Dogters van Jerusalem, moenie oor My ween nie, maar ween oor julleself en oor julle kinders;
| |
| | Luk 23:29 | want daar kom dae waarin hulle sal sê: Gelukkig is die onvrugbares en die moederskote wat nie gebaar en die borste wat nie gesoog het nie.
| |
| | Luk 23:30 | Dan sal hulle vir die berge begin sê: Val op ons! en vir die heuwels: Bedek ons!
| |
| | Luk 23:31 | Want as hulle dit doen aan die groen hout, wat sal met die droë gebeur!
| |
| | Luk 23:32 | En daar is nog twee ander, kwaaddoeners, weggelei om saam met Hom tereggestel te word.
| |
| | Luk 23:33 | En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter-- en een aan die linkerkant.
| |
| | Luk 23:34 | En Jesus sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp.
| |
| | Luk 23:35 | En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is.
| |
| | Luk 23:36 | En die soldate het Hom ook bespot en gekom en vir Hom asyn gebring
| |
| | Luk 23:37 | en gesê: As U die Koning van die Jode is, verlos Uself.
| |
| | Luk 23:38 | En daar was ook 'n opskrif bokant Hom geskrywe in Griekse en Romeinse en Hebreeuse letters: HY IS DIE KONING VAN DIE JODE.
| |
| | Luk 23:39 | En een van die kwaaddoeners wat opgehang is, het Hom gesmaad en gesê: As U die Christus is, verlos Uself en ons.
| |
| | Luk 23:40 | Maar die ander een antwoord en bestraf hom en sê: Vrees jy ook God nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is? --
| |
| | Luk 23:41 | ons tog regverdiglik, want ons ontvang die verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen nie.
| |
| | Luk 23:42 | En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
| |
| | Luk 23:43 | En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.
| |
| | Luk 23:44 | En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele aarde gekom tot die negende uur toe;
| |
| | Luk 23:45 | en die son is verduister; en die voorhangsel van die tempel het middeldeur geskeur.
| |
| | Luk 23:46 | En Jesus het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.
| |
| | Luk 23:47 | En toe die hoofman oor honderd sien wat daar gebeur, het hy God verheerlik en gesê: Waarlik, hierdie man was regverdig.
| |
| | Luk 23:48 | En die hele skare wat vir hierdie skouspel bymekaar was, het op hulle borste geslaan toe hulle sien wat gebeur het, en hulle het teruggegaan.
| |
| | Luk 23:49 | En al sy bekendes het ver weg gestaan; ook die vroue wat Hom van Galiléa gevolg het, het hierdie dinge gesien.
| |
| | Luk 23:50 | En daar was 'n man met die naam van Josef, 'n lid van die Raad, 'n goeie en regverdige man
| |
| | Luk 23:51 | --hy het nie met hulle raad en handelwyse saamgestem nie--van Arimathéa, 'n stad van die Jode, wat ook self die koninkryk van God verwag het.
| |
| | Luk 23:52 | Hy het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra
| |
| | Luk 23:53 | en dit afgehaal en in linne toegedraai en dit neergelê in 'n graf wat uit 'n rots gekap was, waar nog nooit iemand in gelê het nie.
| |
| | Luk 23:54 | En dit was die dag van voorbereiding, en die sabbat wou aanbreek.
| |
| | Luk 23:55 | En die vroue wat saam met Hom van Galiléa gekom het, het ook gevolg en die graf gesien en hoe sy liggaam neergelê was.
| |
| | Luk 23:56 | Daarop het hulle teruggegaan en speserye en salf berei en op die sabbat gerus volgens die gebod.
| |