All NT OTBook
Compare Texts
Mark 1 Luke 18

Luke 19:1-48

Luke 20 John 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Luk 19:1
 
En Hy het in Jérigo gekom en daar deurgegaan.  
 
Luk 19:2
 
En daar was 'n man met die naam van Saggéüs, 'n hoof van die tollenaars en 'n ryk man.  
 
Luk 19:3
 
En hy het probeer om Jesus te sien, wie Hy was; maar vanweë die skare kon hy nie, omdat hy klein van persoon was.  
 
Luk 19:4
 
En hy het vooruit gehardloop en in 'n wildevyeboom geklim, sodat hy Hom kon sien, want Hy sou daarlangs verbygaan.  
 
Luk 19:5
 
En toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sien hom en sê vir hom: Saggéüs, maak gou en klim af, want Ek moet vandag in jou huis bly.  
 
Luk 19:6
 
Hy maak toe gou en klim af en het Hom met blydskap ontvang.  
 
Luk 19:7
 
En toe almal dit sien, het hulle gemurmureer en gesê: Hy het by 'n sondige man tuisgegaan.  
 
Luk 19:8
 
Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.  
 
Luk 19:9
 
Toe sê Jesus aan hom: Vandag het daar redding vir hierdie huis gekom, aangesien hierdie man ook 'n seun van Abraham is.  
 
Luk 19:10
 
Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.  
 
Luk 19:11
 
En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog 'n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn.  
 
Luk 19:12
 
Hy het dan gesê: 'n Man van hoë geboorte het na 'n ver land gereis om vir homself 'n koningskap te ontvang en dan terug te kom.  
 
Luk 19:13
 
En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en sê vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom.  
 
Luk 19:14
 
Maar sy medeburgers het hom gehaat en 'n gesantskap agter hom aan gestuur om te sê: Ons wil nie hê dat hierdie man koning oor ons moet wees nie.  
 
Luk 19:15
 
En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, sê hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het.  
 
Luk 19:16
 
En die eerste het verskyn en gesê: Meneer, u pond het tien ponde wins gemaak.  
 
Luk 19:17
 
En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede.  
 
Luk 19:18
 
En die tweede kom en sê: Meneer, u pond het vyf ponde verdien.  
 
Luk 19:19
 
En hy sê ook vir hierdie een: En jy moet wees oor vyf stede.  
 
Luk 19:20
 
En 'n ander een kom en sê: Meneer, hier is u pond wat ek in 'n doek weggesit het;  
 
Luk 19:21
 
want ek was bang vir u, omdat u 'n strawwe man is; u neem weg wat u nie uitgesit het nie, en maai wat u nie gesaai het nie.  
 
Luk 19:22
 
Toe sê hy vir hom: Uit jou mond sal ek jou oordeel, slegte dienskneg! Jy het geweet dat ek 'n strawwe man is wat wegneem wat ek nie uitgesit het nie, en maai wat ek nie gesaai het nie.  
 
Luk 19:23
 
Waarom het jy dan nie my geld aan die wisselaars gegee nie? Dan kon ek dit by my koms met rente ingevorder het.  
 
Luk 19:24
 
En aan die wat daarby staan, sê hy: Neem die pond van hom weg en gee dit aan hom wat die tien ponde het--  
 
Luk 19:25
 
en hulle sê vir hom: Meneer, hy het tien ponde  
 
Luk 19:26
 
want ek sê vir julle: Aan elkeen wat het, sal gegee word, maar van hom wat nie het nie, sal weggeneem word ook wat hy het.  
 
Luk 19:27
 
Maar daardie vyande van my wat nie wou hê dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood.  
 
Luk 19:28
 
En toe Hy dit gesê het, gaan Hy vooruit op weg na Jerusalem.  
 
Luk 19:29
 
En toe Hy naby Bétfagé en Betánië kom, by die berg wat die Olyfberg genoem word, het Hy twee van sy dissipels uitgestuur  
 
Luk 19:30
 
en gesê: Gaan in die dorp reg voor julle; en as julle daar inkom, sal julle 'n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens ooit op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.  
 
Luk 19:31
 
En as iemand julle vra: Waarom maak julle hom los? --moet julle so vir hom sê: Die Here het hom nodig.  
 
Luk 19:32
 
En die wat gestuur was, gaan toe en vind dit soos Hy aan hulle gesê het.  
 
Luk 19:33
 
En terwyl hulle die vul losmaak, sê die eienaars aan hulle: Waarom maak julle die vul los?  
 
Luk 19:34
 
En hulle antwoord: Die Here het hom nodig.  
 
Luk 19:35
 
Toe bring hulle hom na Jesus toe, en hulle lê hul klere op die vul en laat Jesus daarop sit.  
 
Luk 19:36
 
En terwyl Hy voortgaan, gooi hulle hul klere oop op die pad.  
 
Luk 19:37
 
En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met 'n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het,  
 
Luk 19:38
 
terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!  
 
Luk 19:39
 
En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels!  
 
Luk 19:40
 
En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.  
 
Luk 19:41
 
En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween  
 
Luk 19:42
 
en gesê: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou oë bedek.  
 
Luk 19:43
 
Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande 'n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit.  
 
Luk 19:44
 
En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie.  
 
Luk 19:45
 
En toe Hy in die tempel ingegaan het, begin Hy die wat daarin verkoop en koop, uit te jaag.  
 
Luk 19:46
 
En Hy sê vir hulle: Daar is geskrywe: My huis is 'n huis van gebed. Maar julle het dit 'n rowerspelonk gemaak.  
 
Luk 19:47
 
En elke dag was Hy besig om in die tempel te leer; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die vernaamstes van die volk het probeer om Hom om te bring;  
 
Luk 19:48
 
en hulle het niks gevind wat hulle kon doen nie, want die hele volk het Hom aangehang en na Hom geluister.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Mark 1Luke 181 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 Luke 20John 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards