All NT OTBook
Compare Texts
Mark 1 Luke 16

Luke 17:1-37

Luke 18 John 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Luk 17:1
 
En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.  
 
Luk 17:2
 
Dit is beter vir hom as 'n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.  
 
Luk 17:3
 
Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.  
 
Luk 17:4
 
En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou--moet jy hom vergewe.  
 
Luk 17:5
 
Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.  
 
Luk 17:6
 
En die Here sê: As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant--en hy sou julle gehoorsaam wees.  
 
Luk 17:7
 
En wie is daar van julle wat 'n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?  
 
Luk 17:8
 
Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?  
 
Luk 17:9
 
Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.  
 
Luk 17:10
 
So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.  
 
Luk 17:11
 
En op sy reis na Jerusalem het Hy deur Samaría en Galiléa gegaan.  
 
Luk 17:12
 
En toe Hy in 'n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op 'n afstand bly staan het.  
 
Luk 17:13
 
En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig!  
 
Luk 17:14
 
En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.  
 
Luk 17:15
 
En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met 'n groot stem verheerlik.  
 
Luk 17:16
 
En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was 'n Samaritaan.  
 
Luk 17:17
 
Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?  
 
Luk 17:18
 
Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?  
 
Luk 17:19
 
En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.  
 
Luk 17:20
 
En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.  
 
Luk 17:21
 
En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.  
 
Luk 17:22
 
En Hy sê vir sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie.  
 
Luk 17:23
 
En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.  
 
Luk 17:24
 
Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees.  
 
Luk 17:25
 
Maar eers moet Hy baie ly en deur hierdie geslag verwerp word.  
 
Luk 17:26
 
En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:  
 
Luk 17:27
 
hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.  
 
Luk 17:28
 
Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.  
 
Luk 17:29
 
Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig.  
 
Luk 17:30
 
Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.  
 
Luk 17:31
 
In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.  
 
Luk 17:32
 
Dink aan die vrou van Lot!  
 
Luk 17:33
 
Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.  
 
Luk 17:34
 
Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.  
 
Luk 17:35
 
Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.  
 
Luk 17:36
 
Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.  
 
Luk 17:37
 
En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Mark 1Luke 161 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 Luke 18John 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards