All NT OTBook
Compare Texts
Matthew 1 Mark 14

Mark 15:1-47

Mark 16 Luke 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Mar 15:1
 
En dadelik, vroeg in die môre, het die owerpriesters saam met die ouderlinge en skrifgeleerdes en die hele Raad 'n besluit geneem; en nadat hulle Jesus geboei het, het hulle Hom weggelei en aan Pilatus oorgelewer.  
 
Mar 15:2
 
En Pilatus het Hom gevra: Is U die Koning van die Jode? En Hy het geantwoord en vir hom gesê: U sê dit.  
 
Mar 15:3
 
En die owerpriesters het baie beskuldiginge teen Hom ingebring.  
 
Mar 15:4
 
En Pilatus het Hom weer gevra en gesê: Antwoord U niks nie? Kyk hoe baie getuienisse hulle teen U inbring.  
 
Mar 15:5
 
Maar Jesus het niks meer geantwoord nie, sodat Pilatus hom verwonder het.  
 
Mar 15:6
 
En op die fees was hy gewoond om een gevangene, die een wat hulle gevra het, vir hulle los te laat.  
 
Mar 15:7
 
En daar was 'n sekere Barábbas wat met mede-oproermakers in die gevangenis was; en hulle het in die opstand 'n moord begaan.  
 
Mar 15:8
 
En die skare het geskreeu en begin vra dat hy vir hulle sou doen soos altyd.  
 
Mar 15:9
 
Toe antwoord Pilatus en sê vir hulle: Wil julle hê dat ek vir julle die Koning van die Jode moet loslaat?  
 
Mar 15:10
 
Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit nydigheid oorgelewer het.  
 
Mar 15:11
 
Maar die owerpriesters het die skare aangehits dat hy liewer Barábbas vir hulle moes loslaat.  
 
Mar 15:12
 
Toe antwoord Pilatus weer en sê vir hulle: Wat wil julle dan hê moet ek doen met Hom wat julle Koning van die Jode noem?  
 
Mar 15:13
 
En hulle skreeu weer: Kruisig Hom!  
 
Mar 15:14
 
Maar Pilatus sê vir hulle: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Hulle skreeu toe nog harder: Kruisig Hom!  
 
Mar 15:15
 
En omdat Pilatus aan die skare hulle sin wou gee, het hy Barábbas vir hulle losgelaat; en nadat hy Jesus laat gésel het, het hy Hom oorgelewer om gekruisig te word.  
 
Mar 15:16
 
Toe lei die soldate Hom weg in die binneplaas, dit is die goewerneur se paleis, en hulle roep die hele leërafdeling bymekaar  
 
Mar 15:17
 
en trek Hom 'n purperkleed aan en vleg 'n kroon van dorings en sit dit vir Hom op;  
 
Mar 15:18
 
en hulle begin Hom begroet: Wees gegroet, Koning van die Jode!  
 
Mar 15:19
 
En hulle slaan Hom met 'n riet op die hoof en spuug op Hom en val op die knieë en bring Hom hulde.  
 
Mar 15:20
 
En toe hulle Hom bespot het, trek hulle Hom die purperkleed uit en trek Hom sy eie klere aan; en hulle lei Hom weg om Hom te kruisig.  
 
Mar 15:21
 
En hulle het 'n sekere Simon van Ciréne wat van die veld af gekom het, die vader van Alexander en Rufus, gedwing om sy kruis te dra.  
 
Mar 15:22
 
En hulle het Hom gebring op die plek Gólgota, dit is, as dit vertaal word: Plek van die Hoofskedel.  
 
Mar 15:23
 
Toe gee hulle Hom wyn met mirre gemeng om te drink, maar Hy het dit nie geneem nie.  
 
Mar 15:24
 
En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp oor wat elkeen moes kry.  
 
Mar 15:25
 
En dit was die derde uur toe hulle Hom gekruisig het.  
 
Mar 15:26
 
En die opskrif van sy beskuldiging was bokant Hom geskrywe: DIE KONING VAN DIE JODE.  
 
Mar 15:27
 
Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter-- en een aan sy linkerkant.  
 
Mar 15:28
 
En die Skrif is vervul wat sê: En Hy is by die misdadigers gereken.  
 
Mar 15:29
 
En die verbygangers het Hom gesmaad, terwyl hulle hul hoof skud en sê: Ha, U wat die tempel afbreek en in drie dae opbou,  
 
Mar 15:30
 
verlos Uself en kom af van die kruis!  
 
Mar 15:31
 
En so het ook die owerpriesters saam met die skrifgeleerdes gespot en vir mekaar gesê: Ander het Hy verlos, Homself kan Hy nie verlos nie.  
 
Mar 15:32
 
Laat die Christus, die Koning van Israel, nou van die kruis afkom, sodat ons kan sien en glo! Ook die wat saam met Hom gekruisig is, het Hom beledig.  
 
Mar 15:33
 
En toe dit die sesde uur was, kom daar duisternis oor die hele aarde tot die negende uur toe.  
 
Mar 15:34
 
En die negende uur het Jesus met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Eloï, Eloï, lamma sabagtáni? wat, as dit vertaal word, beteken: My God, my God, waarom het U My verlaat?  
 
Mar 15:35
 
En sommige van die wat daar staan, hoor dit en sê: Kyk, Hy roep na Elía.  
 
Mar 15:36
 
Toe hardloop een en maak 'n spons vol asyn en sit dit op 'n riet en laat Hom drink; en hy sê: Wag, laat ons sien of Elía kom om Hom af te haal.  
 
Mar 15:37
 
Maar Jesus het met 'n groot stem geroep en die laaste asem uitgeblaas.  
 
Mar 15:38
 
En die voorhangsel van die tempel het in twee geskeur van bo tot onder.  
 
Mar 15:39
 
En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy was die Seun van God.  
 
Mar 15:40
 
En daar was ook vroue wat van ver af dit aanskou het. Onder hulle was Maria Magdaléna ook, en Maria, die moeder van Jakobus, die kleine, en van Joses, en Salóme--  
 
Mar 15:41
 
hulle wat Hom gevolg en Hom gedien het toe Hy in Galiléa was--en baie ander vroue wat saam met Hom opgegaan het na Jerusalem.  
 
Mar 15:42
 
En toe dit aand geword het, omdat dit die voorbereiding was, dit is die voorsabbat,  
 
Mar 15:43
 
kom daar 'n vername raadslid, Josef van Arimathéa, wat self ook die koninkryk van God verwag het; en hy waag dit om na Pilatus in te gaan en die liggaam van Jesus te vra.  
 
Mar 15:44
 
En Pilatus was verwonderd dat Hy al dood was, en hy het die hoofman oor honderd geroep en hom gevra of Hy al lank dood was.  
 
Mar 15:45
 
En toe hy dit van die hoofman oor honderd verneem het, het hy die liggaam aan Josef geskenk.  
 
Mar 15:46
 
En hy het linne gekoop, en Hom afgehaal en in die linne toegedraai, en Hom neergelê in 'n graf wat in 'n rots uitgekap was. En hy het 'n steen teen die opening van die graf gerol.  
 
Mar 15:47
 
En Maria Magdaléna en Maria, die moeder van Joses, het gesien waar Hy neergelê word.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Matthew 1Mark 141 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 Mark 16Luke 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards