All NT OTBook
Compare Texts
Malachi 1 Matthew 27

Matthew 28:1-20

Mark 1 Mark 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Mat 28:1
 
En laat ná die sabbat toe dit begin lig word, teen die eerste dag van die week, kom Maria Magdaléna en die ander Maria om na die graf te gaan kyk.  
 
Mat 28:2
 
En daar kom 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.  
 
Mat 28:3
 
En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.  
 
Mat 28:4
 
En uit vrees vir hom het die wagte gebewe en soos dooies geword.  
 
Mat 28:5
 
Maar die engel antwoord en sê vir die vroue: Moenie vrees nie, want ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is.  
 
Mat 28:6
 
Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;  
 
Mat 28:7
 
en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.  
 
Mat 28:8
 
En hulle het haastig weggegaan van die graf met vrees en groot blydskap, en gehardloop om dit aan sy dissipels te vertel.  
 
Mat 28:9
 
En terwyl hulle op weg was om dit aan sy dissipels te vertel, kom Jesus hulle meteens teë en sê: Wees gegroet! Toe kom hulle nader en gryp sy voete en aanbid Hom.  
 
Mat 28:10
 
En Jesus sê vir hulle: Moenie vrees nie. Gaan heen en vertel my broeders dat hulle na Galiléa moet gaan; en daar sal hulle My sien.  
 
Mat 28:11
 
En terwyl hulle op weg was, kom daar sommige van die wag in die stad en vertel die owerpriesters alles wat gebeur het.  
 
Mat 28:12
 
En nadat hulle saam met die ouderlinge vergader en raad gehou het, het hulle die soldate baie geld gegee  
 
Mat 28:13
 
en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.  
 
Mat 28:14
 
En as dit by die goewerneur gehoor word, sal ons hom tevrede stel en maak dat julle sonder sorg is.  
 
Mat 28:15
 
Hulle het toe die geld geneem en gedoen soos hulle geleer was. En hierdie verhaal is versprei onder die Jode, tot vandag toe.  
 
Mat 28:16
 
En die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het.  
 
Mat 28:17
 
En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.  
 
Mat 28:18
 
En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde.  
 
Mat 28:19
 
Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.  
 
Mat 28:20
 
En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Malachi 1Matthew 271 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 Mark 1Mark 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards