All NT OTBook
Compare Texts
Malachi 1 Matthew 14

Matthew 15:1-39

Matthew 16 Mark 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Mat 15:1
 
Toe kom daar skrifgeleerdes en Fariseërs van Jerusalem na Jesus en sê:  
 
Mat 15:2
 
Waarom oortree u dissipels die oorlewering van die ou mense? Want hulle was nie hul hande as hulle brood eet nie.  
 
Mat 15:3
 
Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering?  
 
Mat 15:4
 
Want God het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet sekerlik sterwe.  
 
Mat 15:5
 
Maar julle sê: Elkeen wat aan vader of moeder sê: enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is 'n offergawe--dié hoef sy vader of sy moeder glad nie te eer nie.  
 
Mat 15:6
 
So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering.  
 
Mat 15:7
 
Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het:  
 
Mat 15:8
 
Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af.  
 
Mat 15:9
 
Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.  
 
Mat 15:10
 
En Hy het die skare na Hom geroep en vir hulle gesê: Luister en verstaan!  
 
Mat 15:11
 
Nie wat in die mond ingaan, maak die mens onrein nie; maar wat uit die mond uitgaan, dit maak die mens onrein.  
 
Mat 15:12
 
Daarop kom sy dissipels nader en sê vir Hom: Weet U dat die Fariseërs, toe hulle die woord hoor, aanstoot geneem het?  
 
Mat 15:13
 
Maar Hy antwoord en sê: Elke plant wat my hemelse Vader nie geplant het nie, sal ontwortel word.  
 
Mat 15:14
 
Laat hulle staan; hulle is blinde leiers van blindes. En as 'n blinde 'n ander blinde lei, sal altwee in die sloot val.  
 
Mat 15:15
 
En Petrus antwoord en sê vir Hom: Verklaar vir ons hierdie gelykenis.  
 
Mat 15:16
 
Maar Jesus sê: Is julle dan ook nog sonder verstand?  
 
Mat 15:17
 
Begryp julle nog nie dat alles wat in die mond ingaan, in die maag kom en in die heimlikheid uitgewerp word nie?  
 
Mat 15:18
 
Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.  
 
Mat 15:19
 
Want uit die hart kom daar slegte gedagtes, moord, egbreuk, hoerery, diewery, valse getuienis, lastertaal.  
 
Mat 15:20
 
Dit is hierdie dinge wat die mens onrein maak; maar om met ongewaste hande te eet, maak die mens nie onrein nie.  
 
Mat 15:21
 
En Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon vertrek.  
 
Mat 15:22
 
En 'n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete.  
 
Mat 15:23
 
Maar Hy het haar nie 'n woord geantwoord nie. Toe kom sy dissipels nader en vra Hom en sê: Stuur haar weg, want sy roep agter ons aan.  
 
Mat 15:24
 
Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.  
 
Mat 15:25
 
Daarop kom sy en val voor Hom neer en sê: Here, help my!  
 
Mat 15:26
 
Maar Hy antwoord en sê: Dit is nie mooi om die brood van die kinders te neem en dit vir die hondjies te gooi nie.  
 
Mat 15:27
 
En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval.  
 
Mat 15:28
 
Toe antwoord Jesus en sê vir haar: o Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.  
 
Mat 15:29
 
Toe gaan Jesus daarvandaan weg en kom by die see van Galiléa; en Hy het op die berg geklim en daar gaan sit.  
 
Mat 15:30
 
En ondertussen kom daar groot menigtes na Hom met kreupeles, blindes, stommes, gebreklikes en baie ander by hulle, en hulle het dié by die voete van Jesus neergesit, en Hy het hulle gesond gemaak,  
 
Mat 15:31
 
sodat die skare verbaas was om te sien dat stommes praat, gebreklikes gesond word, kreupeles loop en blindes sien; en hulle het die God van Israel verheerlik.  
 
Mat 15:32
 
Toe het Jesus sy dissipels na Hom geroep en gesê: Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie; en Ek wil hulle nie graag honger wegstuur nie, sodat hulle nie miskien op die pad beswyk nie.  
 
Mat 15:33
 
En sy dissipels sê vir Hom: Waar sal ons in die woestyn soveel brode vandaan kry om so 'n groot skare te versadig?  
 
Mat 15:34
 
Toe sê Jesus vir hulle: Hoeveel brode het julle? En hulle antwoord: Sewe, en 'n paar vissies.  
 
Mat 15:35
 
En Hy het bevel gegee aan die skare om op die grond te gaan sit.  
 
Mat 15:36
 
Toe neem Hy die sewe brode en die visse, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels, en die dissipels aan die skare.  
 
Mat 15:37
 
En hulle het almal geëet en versadig geword; en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, sewe mandjies vol.  
 
Mat 15:38
 
En die wat geëet het, was vier duisend manne buiten die vroue en kinders.  
 
Mat 15:39
 
En nadat Hy die skare weggestuur het, het Hy in die skuit gegaan en in die gebied van Mágdala gekom.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Malachi 1Matthew 141 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 Matthew 16Mark 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards