All NT OTBook
Compare Texts
Malachi 1 Matthew 13

Matthew 14:1-36

Matthew 15 Mark 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Mat 14:1
 
En in daardie tyd het Herodes, die viervors, die gerug van Jesus gehoor  
 
Mat 14:2
 
en aan sy knegte gesê: Hierdie man is Johannes die Doper. Hy het uit die dode opgestaan, en daarom werk dié kragte in hom.  
 
Mat 14:3
 
Want Herodes het Johannes gevang, hom geboei en in die gevangenis gesit vanweë Heródias, die vrou van Filippus, sy broer.  
 
Mat 14:4
 
Want Johannes het vir hom gesê: Dit is u nie geoorloof om haar te hê nie.  
 
Mat 14:5
 
En hoewel hy hom wou doodmaak, het hy die skare gevrees, omdat hulle hom vir 'n profeet gehou het.  
 
Mat 14:6
 
Maar by die viering van die verjaarsdag van Herodes het die dogter van Heródias voor hulle gedans en Herodes behaag.  
 
Mat 14:7
 
Daarom het hy met 'n eed beloof om haar enigiets te gee wat sy sou vra.  
 
Mat 14:8
 
Toe sê sy, nadat sy deur haar moeder aangehits was: Gee my hier op 'n skottel die hoof van Johannes die Doper.  
 
Mat 14:9
 
En die koning het treurig geword, maar ter wille van die eed en die feesgenote het hy beveel dat dit gegee moes word.  
 
Mat 14:10
 
En hy het gestuur en Johannes in die gevangenis onthoof.  
 
Mat 14:11
 
Sy hoof is toe op 'n skottel gebring en aan die meisie gegee, en sy het dit na haar moeder gebring.  
 
Mat 14:12
 
En sy dissipels het gekom en sy liggaam weggeneem en dit begrawe; en hulle het gegaan en dit aan Jesus vertel.  
 
Mat 14:13
 
En toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan in 'n skuit vertrek na 'n verlate plek alleen. En die skare het dit gehoor en Hom van die stede af te voet gevolg.  
 
Mat 14:14
 
En toe Jesus uitgaan, het Hy 'n groot skare gesien en innig jammer vir hulle gevoel, en Hy het hulle siekes gesond gemaak.  
 
Mat 14:15
 
En toe dit aand geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate, en dit is al oor die tyd; stuur die skare weg, sodat hulle na die dorpe kan gaan en vir hulle voedsel koop.  
 
Mat 14:16
 
Maar Jesus sê vir hulle: Hulle hoef nie weg te gaan nie; gee julle vir hulle iets om te eet.  
 
Mat 14:17
 
Maar hulle antwoord Hom: Ons het hier net vyf brode en twee visse.  
 
Mat 14:18
 
En Hy sê: Bring dit hier vir My.  
 
Mat 14:19
 
Toe gee Hy die skare bevel om op die gras te gaan sit; en Hy neem die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en nadat Hy die brode gebreek het, gee Hy dit aan die dissipels en die dissipels aan die skare.  
 
Mat 14:20
 
En almal het geëet en versadig geword, en hulle het die oorskot van die brokstukke opgetel, twaalf mandjies vol.  
 
Mat 14:21
 
En dit was omtrent vyf duisend manne wat geëet het, buiten die vroue en kinders.  
 
Mat 14:22
 
En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur.  
 
Mat 14:23
 
En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.  
 
Mat 14:24
 
En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle.  
 
Mat 14:25
 
Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.  
 
Mat 14:26
 
En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is 'n spook! En hulle het geskreeu van vrees.  
 
Mat 14:27
 
Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.  
 
Mat 14:28
 
En Petrus antwoord Hom en sê: Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom.  
 
Mat 14:29
 
En Hy sê: Kom! Petrus klim toe van die skuit af en loop op die water om na Jesus te gaan.  
 
Mat 14:30
 
Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!  
 
Mat 14:31
 
En Jesus het dadelik sy hand uitgesteek en hom gegryp en vir hom gesê: Kleingelowige, waarom het jy getwyfel?  
 
Mat 14:32
 
Daarop klim hulle in die skuit, en die wind het gaan lê.  
 
Mat 14:33
 
Toe kom die wat in die skuit was, en val voor Hom neer en sê: Waarlik, U is die Seun van God!  
 
Mat 14:34
 
En hulle het oorgevaar en in die land Gennésaret gekom.  
 
Mat 14:35
 
En die manne van daardie plek het Hom herken en in daardie hele omtrek uitgestuur en almal wat ongesteld was, na Hom gebring;  
 
Mat 14:36
 
en hulle het Hom gesmeek dat hulle net maar die soom van sy kleed mag aanraak; en almal wat dit aangeraak het, het gesond geword.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Malachi 1Matthew 131 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 Matthew 15Mark 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards