All NT OTBook
Compare Texts
Malachi 1 Malachi 4

Matthew 1:1-25

Matthew 2 Mark 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Mat 1:1
 
Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham:  
 
Mat 1:2
 
Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers;  
 
Mat 1:3
 
en Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, en Peres was die vader van Hesron, en Hesron die vader van Ram,  
 
Mat 1:4
 
en Ram die vader van Ammínadab, en Ammínadab die vader van Nagson, en Nagson die vader van Salmon,  
 
Mat 1:5
 
en Salmon die vader van Boas by Ragab, en Boas die vader van Obed by Rut, en Obed die vader van Isai,  
 
Mat 1:6
 
en Isai die vader van koning Dawid, en koning Dawid die vader van Salomo by die vrou van Uría,  
 
Mat 1:7
 
en Salomo die vader van Rehábeam, en Rehábeam die vader van Abía, en Abía die vader van Asa,  
 
Mat 1:8
 
en Asa die vader van Jósafat, en Jósafat die vader van Joram, en Joram die vader van Ussía,  
 
Mat 1:9
 
en Ussía die vader van Jotam, en Jotam die vader van Agas, en Agas die vader van Hiskía,  
 
Mat 1:10
 
en Hiskía die vader van Manasse, en Manasse die vader van Amon, en Amon die vader van Josía,  
 
Mat 1:11
 
en Josía die vader van Jegónia en sy broers in die tyd van die Babiloniese ballingskap.  
 
Mat 1:12
 
En ná die Babiloniese ballingskap het Jegónia die vader geword van Seáltiël, en Seáltiël was die vader van Serubbábel,  
 
Mat 1:13
 
en Serubbábel die vader van Abíud, en Abíud die vader van Éljakim, en Éljakim die vader van Asor,  
 
Mat 1:14
 
en Asor die vader van Sadok, en Sadok die vader van Agim, en Agim die vader van Elíud,  
 
Mat 1:15
 
en Elíud die vader van Eleásar, en Eleásar die vader van Mattan, en Mattan die vader van Jakob,  
 
Mat 1:16
 
en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word.  
 
Mat 1:17
 
Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte.  
 
Mat 1:18
 
Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees.  
 
Mat 1:19
 
En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei.  
 
Mat 1:20
 
Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sę: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;  
 
Mat 1:21
 
en sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.  
 
Mat 1:22
 
En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:  
 
Mat 1:23
 
Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.  
 
Mat 1:24
 
En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem;  
 
Mat 1:25
 
en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Malachi 1Malachi 41 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 Matthew 2Mark 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards