| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Num 29:1 | En in die sewende maand, op die eerste van die maand, moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie; dit moet vir julle 'n dag van trompetgeklank wees.
| |
| | Num 29:2 | Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur vir die HERE berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
| |
| | Num 29:3 | en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes van 'n efa vir die bul, twee-tiendes vir die ram,
| |
| | Num 29:4 | en een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;
| |
| | Num 29:5 | en een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen;
| |
| | Num 29:6 | behalwe die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif--tot 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
| |
| | Num 29:7 | En op die tiende van hierdie sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees, en julle moet julle verootmoedig; géén werk mag julle doen nie.
| |
| | Num 29:8 | Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees;
| |
| | Num 29:9 | en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir die bul, twee-tiendes vir die een ram,
| |
| | Num 29:10 | een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;
| |
| | Num 29:11 | een bokram as sondoffer, behalwe die sondoffer van versoening en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort--en hulle drankoffers.
| |
| | Num 29:12 | En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir die HERE 'n fees vier.
| |
| | Num 29:13 | En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees;
| |
| | Num 29:14 | en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul van die dertien bulle, twee-tiendes vir elke ram van die twee ramme,
| |
| | Num 29:15 | en een-tiende vir elke lam van die veertien lammers;
| |
| | Num 29:16 | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
| |
| | Num 29:17 | Daarna op die tweede dag: twaalf jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
| |
| | Num 29:18 | en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
| |
| | Num 29:19 | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffers, en die spysoffer en drankoffers wat daarby behoort.
| |
| | Num 29:20 | En op die derde dag: elf bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
| |
| | Num 29:21 | en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
| |
| | Num 29:22 | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
| |
| | Num 29:23 | Verder op die vierde dag: tien bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
| |
| | Num 29:24 | hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
| |
| | Num 29:25 | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
| |
| | Num 29:26 | En op die vyfde dag: nege bulle, twee ramme en veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
| |
| | Num 29:27 | en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
| |
| | Num 29:28 | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
| |
| | Num 29:29 | Daarna op die sesde dag: agt bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
| |
| | Num 29:30 | en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
| |
| | Num 29:31 | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
| |
| | Num 29:32 | En op die sewende dag: sewe bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers sonder gebrek;
| |
| | Num 29:33 | en hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bulle, die ramme en die lammers, na hulle getal, volgens die daarvoor geldende voorskrif;
| |
| | Num 29:34 | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
| |
| | Num 29:35 | Op die agtste dag moet daar vir julle 'n feestyd wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
| |
| | Num 29:36 | En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
| |
| | Num 29:37 | hulle spysoffer en hulle drankoffers vir die bul, die ram en die lammers, na hulle getal, volgens die voorskrif;
| |
| | Num 29:38 | en een bokram as sondoffer, behalwe die voortdurende brandoffer, en die spysoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
| |
| | Num 29:39 | Dit moet julle tot eer van die HERE op jul feestye berei, behalwe julle geloftes en julle vrywillige gawes, of dit al brandoffers is of spysoffers of drankoffers of dankoffers.
| |
| | Num 29:40 | En Moses het aan die kinders van Israel alles gesê net soos die HERE Moses beveel het.
| |