| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Num 17:1 | Daarna het die HERE met Moses gespreek en gesê:
| |
| | Num 17:2 | Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam 'n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf.
| |
| | Num 17:3 | En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof.
| |
| | Num 17:4 | En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die Getuienis waar Ek met julle saamkom.
| |
| | Num 17:5 | En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My.
| |
| | Num 17:6 | Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom 'n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. Aäron se staf was ook onder hulle stawe.
| |
| | Num 17:7 | En Moses het die stawe voor die aangesig van die HERE in die tent van die Getuienis neergesit.
| |
| | Num 17:8 | En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!
| |
| | Num 17:9 | Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van die HERE was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem.
| |
| | Num 17:10 | Daarop het die HERE vir Moses gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.
| |
| | Num 17:11 | En Moses het dit gedoen; soos die HERE hom beveel het, so het hy gedoen.
| |
| | Num 17:12 | Toe het die kinders van Israel met Moses gespreek en gesê: Kyk, ons sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan!
| |
| | Num 17:13 | Elkeen wat enigsins nader kom na die tabernakel van die HERE, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe?
| |