All NT OTBook
Compare Texts
Haggai 1 Zechariah 3

Zechariah 4:1-14

Zechariah 5 Malachi 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Zec 4:1
 
En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos 'n man wat uit die slaap opgewek word.  
 
Zec 4:2
 
En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar 'n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is.  
 
Zec 4:3
 
Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan.  
 
Zec 4:4
 
Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?  
 
Zec 4:5
 
En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.  
 
Zec 4:6
 
Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.  
 
Zec 4:7
 
Wie is jy, groot berg? Voor Serubbábel sal jy tot 'n gelykte word! En hy sal die sluitsteen te voorskyn bring onder uitroepe van: Genade, genade oor hom!  
 
Zec 4:8
 
En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:  
 
Zec 4:9
 
Die hande van Serubbábel het die fondament van hierdie huis gelê, en sy hande sal dit voltooi; dan sal jy weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het.  
 
Zec 4:10
 
Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe--die oë van die HERE wat die ganse aarde deurloop--met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubbábel?  
 
Zec 4:11
 
Daarop het ek begin spreek en aan hom gesê: Wat beteken hierdie twee olyfbome aan die regterkant van die kandelaar en aan die linkerkant daarvan?  
 
Zec 4:12
 
En ek het toe nogmaals gespreek en vir hom gesê: Wat beteken die twee olyftakkies aan die kant van die twee goue pype wat goud uit hulle laat uitstroom?  
 
Zec 4:13
 
Toe antwoord hy my en sê: Weet jy nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer.  
 
Zec 4:14
 
En hy sê: Dit is die twee gesalfdes wat by die Here van die ganse aarde staan.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Haggai 1Zechariah 31 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 Zechariah 5Malachi 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards