All NT OTBook
Compare Texts
Micah 1 Nahum 2

Nahum 3:1-19

Habakkuk 1 Habakkuk 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Nah 3:1
 
Wee die bloedstad wat louter bedrog, vol geweld is, terwyl rowery nie ophou nie!  
 
Nah 3:2
 
Hoor, die sweep! En hoor, die gedreun van wiele! En perde wat jaag, en waens wat stamp!  
 
Nah 3:3
 
Ruiters op 'n galop en geglinster van swaarde en geblits van spiese! En 'n menigte wat verslaan is, en hope dooies en geen einde aan die lyke nie--'n mens struikel oor hulle lyke!  
 
Nah 3:4
 
Weens die veelheid van die hoererye van die hoer vol bevalligheid, 'n meesteres in towerkunste, wat nasies met haar hoererye verkoop het en volkstamme met haar towerkunste.  
 
Nah 3:5
 
Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal jou slippe optel oor jou aangesig en nasies jou naaktheid laat sien en koninkryke jou skande.  
 
Nah 3:6
 
En Ek sal vuilgoed op jou gooi en jou aan minagting prysgee en van jou 'n skouspel maak,  
 
Nah 3:7
 
sodat elkeen wat jou sien, van jou af sal wegvlug en sê: Verwoes is Ninevé! Wie sal met haar medelyde hê? Waar sal ek troosters vir jou gaan soek?  
 
Nah 3:8
 
Is jy beter as No-Amon wat gelê het aan die Nylstrome, met waters rondom hom; wie se voorskans die groot water was, waters sy muur?  
 
Nah 3:9
 
Kus was sy krag en Egiptenaars sonder getal, Putéërs en Líbiërs was jou tot hulp.  
 
Nah 3:10
 
Nogtans het dit as gevangene in ballingskap gegaan; nogtans is sy kinders by al die straathoeke verpletter, en oor sy edeles is die lot gewerp, en al sy groot manne is met kettings geboei.  
 
Nah 3:11
 
Ook jy sal dronk word, beneweld wees, ook jy sal 'n toevlug soek teen die vyand.  
 
Nah 3:12
 
Al jou vestings is vyebome met voorvye: as 'n mens skud, val hulle in die mond van die eter.  
 
Nah 3:13
 
Kyk, jou volk binne-in jou is soos vroue, die poorte van jou land is wyd oopgemaak vir jou vyande, die vuur het jou grendels verteer.  
 
Nah 3:14
 
Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings, gaan in die modder en trap klei, gryp die steenvorm.  
 
Nah 3:15
 
Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou verslind net soos voetgangersprinkane. Al vermenigvuldig jy soos voetgangers, al vermenigvuldig jy soos treksprinkane;  
 
Nah 3:16
 
al het jy jou koopmans meer gemaak as die sterre aan die hemel--die voetgangers vervel en vlieg weg!  
 
Nah 3:17
 
Jou wagters is soos treksprinkane, en jou amptenare is soos swerms sprinkane wat op 'n koue dag op die heining sit--die son breek deur, en hulle vlieg weg, en niemand weet waar hulle beland het nie.  
 
Nah 3:18
 
Jou herders sluimer, o koning van Assur, jou edeles lê daar, jou volk is op die berge verstrooi, en niemand versamel hulle nie.  
 
Nah 3:19
 
Daar is geen herstel vir jou verbreking nie; jou wond is ongeneeslik; almal wat die tyding omtrent jou verneem, slaan hulle hande saam oor jou; want oor wie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan nie?  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Micah 1Nahum 21 2 3 Habakkuk 1Habakkuk 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards