| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Mic 3:1 | Verder het ek gesę: Hoor tog, o hoofde van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Betaam dit julle nie om die reg te ken nie?
| |
| | Mic 3:2 | Haters van wat goed is, en liefhebbers van wat sleg is, wat die vel van die mense aftrek en hulle vlees van hul gebeente;
| |
| | Mic 3:3 | en wat die vlees van my volk eet en hulle vel van hulle afslag; ook hulle gebeente verbrysel en hulle aan stukke kap soos vleis in 'n pot en soos vleis in 'n pan.
| |
| | Mic 3:4 | Dan sal hulle die HERE aanroep, en Hy sal hulle nie antwoord nie; maar Hy sal sy aangesig in dié tyd vir hulle verberg, omdat hulle verkeerde dinge gedoen het.
| |
| | Mic 3:5 | So sę die HERE aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle 'n heilige oorlog!
| |
| | Mic 3:6 | Daarom sal dit nag word vir julle, sonder 'n gesig, en duister vir julle, sonder waarsęery; ja, die son sal oor die profete ondergaan, en die dag oor hulle verduister word.
| |
| | Mic 3:7 | En die sieners sal beskaamd staan, en die waarsęers sal bloos, en hulle almal sal die baard bedek, omdat daar geen antwoord van God kom nie.
| |
| | Mic 3:8 | Ek daarenteen is vol krag, mét die Gees van die HERE, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde.
| |
| | Mic 3:9 | Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Julle wat van die reg 'n afsku het en al wat reg is, verdraai;
| |
| | Mic 3:10 | julle wat Sion bou met bloed en Jerusalem met onreg!
| |
| | Mic 3:11 | Sy hoofde spreek vonnisse uit vir 'n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsęers vir geld. Nogtans steun hulle op die HERE en sę: Is die HERE nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!
| |
| | Mic 3:12 | Daarom sal Sion om julle ontwil soos 'n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante.
| |