All NT OTBook
Compare Texts
Daniel 1 Hosea 6

Hosea 7:1-16

Hosea 8 Joel 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Hsa 7:1
 
Terwyl Ek Israel genees, word die ongeregtigheid van Efraim openbaar en die booshede van Samaría; want hulle pleeg bedrog en die dief breek in en 'n rowerbende plunder op die straat.  
 
Hsa 7:2
 
En hulle sê nie in hulle hart dat Ek aan al hulle boosheid dink nie; nou omsingel hulle dade hulle, dit lê oop voor my aangesig.  
 
Hsa 7:3
 
Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste.  
 
Hsa 7:4
 
Hulle is almal owerspelers; hulle is soos 'n oond wat bly brand, ook al het die bakker opgehou met stook, vandat die deeg geknee word totdat dit deursuur is.  
 
Hsa 7:5
 
Op die dag van ons koning is die vorste siek van verhitting deur wyn; hy steek sy hand uit na die spotters.  
 
Hsa 7:6
 
Ja, hulle het hul hart gemaak soos 'n oond in hul arglistigheid; die ganse nag deur slaap hulle bakker, in die môre vroeg brand dit soos 'n vuurvlam.  
 
Hsa 7:7
 
Hulle almal gloei soos 'n oond en verteer hul regeerders, al hulle konings val; daar is niemand onder hulle wat My aanroep nie.  
 
Hsa 7:8
 
Efraim--hy vermeng hom met die volke; Efraim is 'n roosterkoek wat nie omgekeer is nie.  
 
Hsa 7:9
 
Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie.  
 
Hsa 7:10
 
Ja, die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die HERE hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie.  
 
Hsa 7:11
 
So het Efraim dan geword soos 'n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur.  
 
Hsa 7:12
 
Wanneer hulle gaan, sal Ek my net oor hulle uitsprei; soos die voëls van die hemel trek Ek hulle neer; Ek tugtig hulle soos in hulle samekoms aangekondig is.  
 
Hsa 7:13
 
Wee hulle, omdat hulle van My weggevlieg het! Verwoesting oor hulle, omdat hulle teen My oortree het! Ék tog wou hulle verlos, maar húlle het leuens teen My gespreek.  
 
Hsa 7:14
 
Ook roep hulle nie van harte na My nie, maar jammer op hulle bedde; ter wille van koring en mos kerwe hulle hulself stukkend; hulle is opstandig teen My.  
 
Hsa 7:15
 
Alhoewel Ek hulle arms geoefen, versterk het, het hulle kwaad teen My beraam.  
 
Hsa 7:16
 
Hulle keer terug, maar nie na bo nie; hulle is soos 'n bedrieglike boog; hulle vorste sal val deur die swaard weens die skeldwoorde van hulle tong. Dit is hulle bespotting in Egipteland.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Daniel 1Hosea 61 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 Hosea 8Joel 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards