| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Hsa 13:1 | As Efraim net gespreek het, was daar siddering; hoog het hy gestaan in Israel. Maar hy het hom skuldig gemaak deur die Baäl en gesterwe.
| |
| | Hsa 13:2 | En nou gaan hulle voort om te sondig en het vir hulle 'n gegote beeld van hulle silwer gemaak, afgode volgens hulle insig, geheel en al smidswerk; van hulle word gesê: Die mense wat offer, vereer kalwers met kusse!
| |
| | Hsa 13:3 | Daarom sal hulle wees soos 'n môrewolk en soos dou wat vroeg weer verdwyn, soos kaf wat wegvlieg van die dorsvloer en soos rook uit die venster.
| |
| | Hsa 13:4 | Tog was Ek, die HERE, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.
| |
| | Hsa 13:5 | Ek het jou in die woestyn geken, in die land van droogtes.
| |
| | Hsa 13:6 | Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was, het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.
| |
| | Hsa 13:7 | Toe het Ek vir hulle soos 'n leeu geword, soos 'n luiperd lê Ek by die pad en loer.
| |
| | Hsa 13:8 | Ek val hulle aan soos 'n beer wat van kleintjies beroof is, en Ek skeur hulle borskas oop; en soos 'n leeuin verslind Ek hulle daar, die wilde diere van die veld sal hulle verskeur.
| |
| | Hsa 13:9 | Dit is jou verderf, o Israel, dat jy teen My, jou helper, is.
| |
| | Hsa 13:10 | Waar is nou jou koning, dat hy jou kan verlos in al jou stede, en jou regters van wie jy gesê het: Gee my 'n koning en vorste?
| |
| | Hsa 13:11 | Ek gee jou 'n koning in my toorn, en Ek neem hom weg in my grimmigheid.
| |
| | Hsa 13:12 | Saamgebind is die ongeregtigheid van Efraim, weggebêre is sy sonde.
| |
| | Hsa 13:13 | Barensweë sal hom oorval, hy is 'n onverstandige kind; want as die tyd daar is, stel hy hom nie in die kindergeboorte nie.
| |
| | Hsa 13:14 | Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf? Berou bly vir my oë verborge.
| |
| | Hsa 13:15 | Wanneer hy vrug dra onder die broers, kom 'n oostewind, 'n wind van die HERE, wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Dié sal 'n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof.
| |