All NT OTBook
Compare Texts
Lamentations 1 Ezekiel 47

Ezekiel 48:1-35

Daniel 1 Daniel 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Eze 48:1
 
En dit is die name van die stamme. Aan die noordekant langs die weg van Hetlon na die ingang van Hamat en Hasar-Enan aan die grens van Damaskus, na die noorde toe langs Hamat--hy moet die ooste en die westekant hê--Dan een deel.  
 
Eze 48:2
 
En naas die gebied van Dan, van die oostekant af tot by die westekant: Aser een deel.  
 
Eze 48:3
 
En naas die gebied van Aser, van die oostekant af tot by die westekant: Náftali, een.  
 
Eze 48:4
 
En naas die gebied van Náftali, van die oostekant af tot by die westekant: Manasse, een.  
 
Eze 48:5
 
En naas die gebied van Manasse, van die oostekant af tot by die westekant: Efraim, een.  
 
Eze 48:6
 
En naas die gebied van Efraim, van die oostekant af tot by die westekant: Ruben, een.  
 
Eze 48:7
 
En naas die gebied van Ruben, van die oostekant af tot by die westekant: Juda, een.  
 
Eze 48:8
 
En naas die gebied van Juda, van die oostekant af tot by die westekant, moet die offergawe wees wat julle moet afgee: vyf en twintig duisend el breed en net so lank as een van die dele, van die oostekant af tot by die westekant; en die heiligdom moet in die middel daarvan wees.  
 
Eze 48:9
 
Die offergawe wat julle aan die HERE moet afgee, moet vyf en twintig duisend el lank wees en tien duisend breed.  
 
Eze 48:10
 
En aan hulle, aan die priesters, moet die heilige offergawe toebehoort: teen die noorde 'n lengte van vyf en twintig duisend el en teen die weste 'n breedte van tien duisend en teen die ooste 'n breedte van tien duisend en teen die suide 'n lengte van vyf en twintig duisend; en die heiligdom van die HERE moet in die middel daarvan wees.  
 
Eze 48:11
 
Dit moet wees vir die priesters wat geheilig is, die seuns van Sadok, wat my verordening onderhou het, wat nie afgedwaal het by die afdwaling van die kinders van Israel soos die Leviete afgedwaal het nie.  
 
Eze 48:12
 
So moet dit dan vir hulle 'n offergawe wees uit die offergawe van die land, iets hoogheiligs, op die grens van die Leviete.  
 
Eze 48:13
 
Verder moet die Leviete, ewewydig met die grens van die priesters, ontvang 'n lengte van vyf en twintig duisend el en 'n breedte van tien duisend; die hele lengte moet wees vyf en twintig duisend en die breedte tien duisend.  
 
Eze 48:14
 
En hulle mag niks daarvan verkoop of verruil nie, en die beste van die land mag nie in ander hande oorgaan nie; want dit is heilig aan die HERE.  
 
Eze 48:15
 
Maar die vyf duisend wat in die breedte oorgebly het, langs die vyf en twintig duisend--dit sal gewone land wees, bestem vir die stad as woonplek en oop veld; en die stad moet in die middel daarvan wees.  
 
Eze 48:16
 
En dit is die afmetinge daarvan: die noordekant, vier duisend vyf honderd el; en die suidekant, vier duisend vyf honderd; en die oostekant, vier duisend vyf honderd; en die westekant, vier duisend vyf honderd.  
 
Eze 48:17
 
En as oop veld moet by die stad behoort: Teen die noorde, twee honderd en vyftig el; en teen die suide, twee honderd en vyftig; en teen die ooste, twee honderd en vyftig; en teen die weste, twee honderd en vyftig.  
 
Eze 48:18
 
En wat oorgebly het in die lengte, ewewydig met die heilige offergawe, tien duisend teen die ooste en tien duisend teen die weste--dit moet ewewydig wees met die heilige offergawe; en die opbrings daarvan sal as onderhoud dien vir die werksmense van die stad.  
 
Eze 48:19
 
En wat die werksmense van die stad betref--uit al die stamme van Israel moet hulle dit bewerk.  
 
Eze 48:20
 
Die hele offergawe moet wees vyf en twintig duisend el by vyf en twintig duisend--vierkantig moet julle die heilige offergawe afgee saam met die stadsbesitting.  
 
Eze 48:21
 
En wat oorbly, behoort aan die vors, aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die vyf en twintig duisend, die offergawe, tot by die grens teen die ooste, en na die weste toe langs die vyf en twintig duisend tot by die grens teen die weste, net so lank as die stamgedeeltes--dit behoort aan die vors; en die heilige offergawe en die heiligdom van die huis moet in die middel daarvan wees.  
 
Eze 48:22
 
En van die besitting van die Leviete en die besitting van die stad af, wat in die middel lê van wat die vors s'n is, tussen die grens van Juda en die grens van Benjamin, moet alles aan die vors behoort.  
 
Eze 48:23
 
Verder die ander stamme. Van die oostekant af tot by die westekant: Benjamin een deel.  
 
Eze 48:24
 
En naas die gebied van Benjamin, van die oostekant af tot by die westekant: Símeon, een.  
 
Eze 48:25
 
En naas die gebied van Símeon, van die oostekant af tot by die westekant: Issaskar, een.  
 
Eze 48:26
 
En naas die gebied van Issaskar, van die oostekant af tot by die westekant: Sébulon, een.  
 
Eze 48:27
 
En naas die gebied van Sébulon, van die oostekant af tot by die westekant: Gad, een.  
 
Eze 48:28
 
En naas die gebied van Gad, aan die suidekant na die suide toe, moet die grens wees van Tamar af na die twiswaters van Kades en na die spruit van Egipte tot by die Groot See.  
 
Eze 48:29
 
Dit is die land wat julle as erfenis moet laat toekom aan die stamme van Israel, en dit is hulle gedeeltes, spreek die Here HERE.  
 
Eze 48:30
 
En dit is die uitgange van die stad: aan die noordekant vier duisend vyf honderd el lengtemaat.  
 
Eze 48:31
 
En die poorte van die stad moet wees volgens die name van die stamme van Israel; drie poorte teen die noorde: die poort van Ruben, een; die poort van Juda, een; die poort van Levi, een.  
 
Eze 48:32
 
En na die oostekant vier duisend vyf honderd el; en drie poorte, naamlik: die poort van Josef, een; die poort van Benjamin, een; die poort van Dan, een.  
 
Eze 48:33
 
En die suidekant vier duisend vyf honderd lengtemaat; en drie poorte: die poort van Símeon, een; die poort van Issaskar, een; die poort van Sébulon, een.  
 
Eze 48:34
 
Die westekant vier duisend vyf honderd; hulle poorte drie: die poort van Gad, een; die poort van Aser, een; die poort van Náftali, een;  
 
Eze 48:35
 
rondom agttien duisend el; en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die HERE is daar!  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Lamentations 1Ezekiel 4714 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 Daniel 1Daniel 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards