| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Lam 5:1 | Dink, HERE, aan wat oor ons gekom het, sien en aanskou ons smaad.
| |
| | Lam 5:2 | Ons erfdeel het na vreemdes oorgegaan, ons huise na uitlanders.
| |
| | Lam 5:3 | Ons het wese geword, sonder 'n vader, ons moeders is soos weduwees.
| |
| | Lam 5:4 | Ons water drink ons vir geld, ons hout kom teen betaling in.
| |
| | Lam 5:5 | Ons vervolgers is op ons nek; ons is afgemat sonder dat daar rus aan ons gegun word.
| |
| | Lam 5:6 | Na Egipte het ons die hand uitgestrek, na Assur om met brood versadig te word.
| |
| | Lam 5:7 | Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en óns dra hulle ongeregtighede.
| |
| | Lam 5:8 | Knegte heers oor ons, niemand ruk ons uit hulle hand weg nie.
| |
| | Lam 5:9 | Met lewensgevaar bring ons ons brood in vanweë die swaard van die woestyn.
| |
| | Lam 5:10 | Ons vel gloei soos 'n oond vanweë die gloed van die honger.
| |
| | Lam 5:11 | Hulle het vroue in Sion onteer, jonkvroue in die stede van Juda.
| |
| | Lam 5:12 | Vorste is deur hulle hand opgehang, die persoon van die grysaards nie geëer nie.
| |
| | Lam 5:13 | Jongmanne dra die handmeul, en seuns struikel onder die drag hout.
| |
| | Lam 5:14 | Die oudstes is nie meer in die poort nie, die jongmanne sonder hulle snarespel.
| |
| | Lam 5:15 | Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander.
| |
| | Lam 5:16 | Die kroon van ons hoof het geval; wee ons, dat ons gesondig het.
| |
| | Lam 5:17 | Hierom het ons hart krank geword, hierom is ons oë verduister:
| |
| | Lam 5:18 | ter wille van die berg Sion wat woes lê, waar die jakkalse op rondloop.
| |
| | Lam 5:19 | U, HERE, sit vir ewig, u troon is van geslag tot geslag.
| |
| | Lam 5:20 | Waarom sou U ons vir altyd vergeet, ons verlaat tot in lengte van dae?
| |
| | Lam 5:21 | Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd.
| |
| | Lam 5:22 | Of het U ons heeltemal verwerp, is u toorn teen ons alte groot?
| |