All NT OTBook
Compare Texts
Ecclesiastes 1 Song of Solomon 7

Song of Solomon 8:1-14

Isaiah 1 Isaiah 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Sgs 8:1
 
Ag, was u maar vir my soos 'n broer wat aan die borste van my moeder drink! As ek u daar buite vind, ek sou u kus; en tog sou hulle my nie verag nie.  
 
Sgs 8:2
 
Ek sou u lei, ek sou u bring in die huis van my moeder; sy sou my leer; ek sou u laat drink van die gekruide wyn, van my granaatmos.  
 
Sgs 8:3
 
Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.  
 
Sgs 8:4
 
Ek besweer julle, dogters van Jerusalem: Waarom wil julle wakker maak en waarom wil julle opwek die liefde voordat dit die liefde behaag?  
 
Sgs 8:5
 
Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn, wat leun op haar beminde? Onder die appelboom het ek u opgewek. Daar was u moeder in barensweë oor u, daar was sy in barensweë wat u voortgebring het.  
 
Sgs 8:6
 
Dra my soos 'n seëlring op u hart, soos 'n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is 'n gloed van vuur, 'n vlam van die HERE.  
 
Sgs 8:7
 
Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee 'n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.  
 
Sgs 8:8
 
Ons het 'n klein sustertjie wat nog nie borste het nie; wat moet ons met ons suster maak dié dag as sy gevra word?  
 
Sgs 8:9
 
As sy 'n muur is, sal ons 'n silwerrand daarop bou, en as sy 'n deur is, sal ons dit met 'n sederplank toeslaan.  
 
Sgs 8:10
 
Ek is 'n muur, en my borste soos torings: toe het ek in sy oë geword soos een wat vrede vind.  
 
Sgs 8:11
 
Salomo het 'n wingerd in Baäl-Hamon gehad; hy het die wingerd aan die oppassers oorgegee; elkeen moes vir sy vrugte duisend sikkels silwer inbring.  
 
Sgs 8:12
 
My wingerd, myne, is hier voor my, die duisend sikkels is vir u, Salomo, en twee honderd vir die wat sy vrugte bewaak.  
 
Sgs 8:13
 
U wat in die tuine woon vriende luister na u stem; laat my dit hoor.  
 
Sgs 8:14
 
Vlug, my beminde, en maak soos die gemsbok of die jong takbok op die balsemberge.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Ecclesiastes 1Song of Solomon 71 2 3 4 5 6 7 8 Isaiah 1Isaiah 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards