All NT OTBook
Compare Texts
Proverbs 1 Ecclesiastes 2

Ecclesiastes 3:1-22

Ecclesiastes 4 Song of Solomon 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Ecc 3:1
 
Alles het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar 'n tyd:  
 
Ecc 3:2
 
'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te roei wat geplant is,  
 
Ecc 3:3
 
'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om op te bou,  
 
Ecc 3:4
 
'n tyd om te ween en 'n tyd om te lag, 'n tyd om te weeklaag en 'n tyd om van vreugde rond te spring,  
 
Ecc 3:5
 
'n tyd om klippe weg te gooi en 'n tyd om klippe bymekaar te maak, 'n tyd om te omhels en 'n tyd om ver te wees van omhelsing,  
 
Ecc 3:6
 
'n tyd om te soek en 'n tyd om verlore te laat gaan, 'n tyd om te bewaar en 'n tyd om weg te gooi,  
 
Ecc 3:7
 
'n tyd om te skeur en 'n tyd om aanmekaar te werk, 'n tyd om te swyg en 'n tyd om te spreek,  
 
Ecc 3:8
 
'n tyd om lief te hê en 'n tyd om te haat, 'n tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede.  
 
Ecc 3:9
 
Watter voordeel het hy wat werk, daardeur dat hy hom vermoei?  
 
Ecc 3:10
 
Ek het die taak gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel.  
 
Ecc 3:11
 
Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind.  
 
Ecc 3:12
 
So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe.  
 
Ecc 3:13
 
En ook--dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van God.  
 
Ecc 3:14
 
Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.  
 
Ecc 3:15
 
Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees, was alreeds; en God soek weer op wat verbygegaan het.  
 
Ecc 3:16
 
Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die gereg--daar was onreg, en die plek van geregtigheid--daar was onreg.  
 
Ecc 3:17
 
Ek het in my hart gesê: Gód sal die regverdige en die goddelose oordeel, want dáár is 'n tyd vir elke saak en vir elke werk.  
 
Ecc 3:18
 
Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee is.  
 
Ecc 3:19
 
Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en 'n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs.  
 
Ecc 3:20
 
Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug.  
 
Ecc 3:21
 
Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde?  
 
Ecc 3:22
 
So het ek dan gesien dat daar niks beters is as dat die mens hom verheug in sy werke nie, want dit is sy deel; want wie sal hom daartoe bring dat hy kan sien wat ná hom sal wees?  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Proverbs 1Ecclesiastes 21 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 Ecclesiastes 4Song of Solomon 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards