All NT OTBook
Compare Texts
Proverbs 1 Ecclesiastes 9

Ecclesiastes 10:1-20

Ecclesiastes 11 Song of Solomon 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Ecc 10:1
 
Dooie vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; 'n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.  
 
Ecc 10:2
 
Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van 'n dwaas is na links.  
 
Ecc 10:3
 
Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy 'n dwaas is.  
 
Ecc 10:4
 
As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute.  
 
Ecc 10:5
 
Daar is 'n verkeerdheid wat ek onder die son gesien het, 'n dwaling wat van die maghebber uitgaan:  
 
Ecc 10:6
 
die dwaasheid word op groot hoogtes gestel, en die rykes moet in die vernedering sit.  
 
Ecc 10:7
 
Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop.  
 
Ecc 10:8
 
Wie 'n kuil grawe, kan daarin val; en een wat 'n muur afbreek, 'n slang kan hom byt.  
 
Ecc 10:9
 
Wie klippe uitbreek, kan hom daarmee seermaak; wie hout klowe, kan daardeur in gevaar kom.  
 
Ecc 10:10
 
As die yster stomp geword het, en 'n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy die kragte meer inspan; maar wysheid is voordelig om iets te laat beantwoord.  
 
Ecc 10:11
 
As die slang byt voor die beswering, baat die besweerder nie.  
 
Ecc 10:12
 
Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself.  
 
Ecc 10:13
 
Die begin van die woorde van sy mond is dwaasheid, en die einde van sy mond is skadelike onverstandigheid.  
 
Ecc 10:14
 
En die dwaas gebruik baie woorde; maar die mens weet nie wat daar sal gebeur nie; en wat ná hom sal wees, wie kan hom dit te kenne gee?  
 
Ecc 10:15
 
Die inspanning van die dwaas vermoei hom, omdat hy nie eens weet om na die stad te gaan nie.  
 
Ecc 10:16
 
Wee jou, o land, as jou koning 'n kind is, en as jou vorste in die môre vroeg maaltyd hou.  
 
Ecc 10:17
 
Gelukkig is jy, o land, as jou koning 'n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie.  
 
Ecc 10:18
 
Deur allerhande luiheid versak die balkwerk, en deur slapheid van die hande lek die huis.  
 
Ecc 10:19
 
Vir plesier maak hulle maaltye klaar, en die wyn maak die lewe vrolik, en die geld verskaf alles.  
 
Ecc 10:20
 
Vloek die koning selfs in jou gedagte nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Proverbs 1Ecclesiastes 91 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 Ecclesiastes 11Song of Solomon 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards