| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Pro 9:1 | Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,
| |
| | Pro 9:2 | haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek.
| |
| | Pro 9:3 | Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:
| |
| | Pro 9:4 | Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy:
| |
| | Pro 9:5 | Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het;
| |
| | Pro 9:6 | laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.
| |
| | Pro 9:7 | Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek.
| |
| | Pro 9:8 | Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.
| |
| | Pro 9:9 | Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.
| |
| | Pro 9:10 | Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.
| |
| | Pro 9:11 | Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
| |
| | Pro 9:12 | As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.
| |
| | Pro 9:13 | Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;
| |
| | Pro 9:14 | en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad,
| |
| | Pro 9:15 | om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:
| |
| | Pro 9:16 | Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:
| |
| | Pro 9:17 | Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.
| |
| | Pro 9:18 | Maar hy weet nie dat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.
| |