| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Pro 7:1 | My seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou;
| |
| | Pro 7:2 | onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel;
| |
| | Pro 7:3 | bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart.
| |
| | Pro 7:4 | Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling,
| |
| | Pro 7:5 | sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.
| |
| | Pro 7:6 | Want ek het deur die venster van my huis, deur my tralievenster uitgekyk,
| |
| | Pro 7:7 | en ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense 'n verstandelose jongman opgemerk,
| |
| | Pro 7:8 | wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap,
| |
| | Pro 7:9 | in die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker.
| |
| | Pro 7:10 | En kyk, daar kom 'n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en listig van hart--
| |
| | Pro 7:11 | sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie--
| |
| | Pro 7:12 | nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer.
| |
| | Pro 7:13 | En sy het hom gegryp en hom gesoen, met 'n onbeskaamde gesig vir hom gesê:
| |
| | Pro 7:14 | Ek moes dankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal;
| |
| | Pro 7:15 | daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry.
| |
| | Pro 7:16 | Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne;
| |
| | Pro 7:17 | ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel--
| |
| | Pro 7:18 | kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste.
| |
| | Pro 7:19 | Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan,
| |
| | Pro 7:20 | die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom.
| |
| | Pro 7:21 | Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.
| |
| | Pro 7:22 | Hy loop skielik agter haar aan soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot,
| |
| | Pro 7:23 | totdat die pyl sy lewer splits; soos 'n voël haastig na die vangnet vlieg--sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.
| |
| | Pro 7:24 | Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond.
| |
| | Pro 7:25 | Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie.
| |
| | Pro 7:26 | Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.
| |
| | Pro 7:27 | Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.
| |