All NT OTBook
Compare Texts
Psalms 1 Proverbs 5

Proverbs 6:1-35

Proverbs 7 Ecclesiastes 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Pro 6:1
 
My seun, as jy vir jou naaste borg gestaan het, vir 'n vreemde jou handslag gegee het,  
 
Pro 6:2
 
verstrik is in die woorde van jou mond, gevang is deur die woorde van jou mond,  
 
Pro 6:3
 
doen dan dit, my seun, om jouself te red--want jy het in die hand van jou naaste geraak--gaan, werp jou neer en bestorm jou naaste,  
 
Pro 6:4
 
gun jou oë geen slaap en jou ooglede geen sluimering nie;  
 
Pro 6:5
 
red jou soos 'n gemsbok uit die hand, en soos 'n voël uit die hand van 'n voëlvanger.  
 
Pro 6:6
 
Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!  
 
Pro 6:7
 
Hy wat geen aanvoerder, opsigter of heerser het nie,  
 
Pro 6:8
 
maak sy brood klaar in die somer, bêre sy voedsel weg in die oestyd.  
 
Pro 6:9
 
Hoe lank, luiaard, sal jy bly lê, wanneer sal jy opstaan uit jou slaap?  
 
Pro 6:10
 
Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus!  
 
Pro 6:11
 
So kom dan jou armoede soos 'n rondloper en jou gebrek soos 'n gewapende man.  
 
Pro 6:12
 
'n Deugniet, 'n kwaaddoener is hy wat met 'n valse mond rondloop,  
 
Pro 6:13
 
wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee;  
 
Pro 6:14
 
in wie se hart valse streke is, wat altyd onheil bewerk en tweedrag saai.  
 
Pro 6:15
 
Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesing voor is.  
 
Pro 6:16
 
Hierdie ses dinge haat die HERE, en sewe is vir sy siel 'n gruwel:  
 
Pro 6:17
 
trotse oë, 'n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet,  
 
Pro 6:18
 
'n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop,  
 
Pro 6:19
 
een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.  
 
Pro 6:20
 
Bewaar, my seun, die gebod van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;  
 
Pro 6:21
 
bind dit gedurigdeur op jou hart, hang dit om jou hals;  
 
Pro 6:22
 
mag dit jou lei as jy wandel, oor jou wag hou as jy slaap en jou toespreek as jy wakker word.  
 
Pro 6:23
 
Want die gebod is 'n lamp en die onderwysing 'n lig en die teregwysinge van die tug 'n weg tot die lewe,  
 
Pro 6:24
 
om jou te bewaar vir 'n slegte vrou, vir die gevlei van 'n vreemde tong.  
 
Pro 6:25
 
Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie;  
 
Pro 6:26
 
want vir 'n hoer verval 'n mens tot 'n stuk brood, en 'n ander se vrou maak jag op 'n kosbare lewe.  
 
Pro 6:27
 
Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand?  
 
Pro 6:28
 
Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry?  
 
Pro 6:29
 
So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie.  
 
Pro 6:30
 
'n Dief word nie verag as hy steel om sy begeerte te bevredig nie, omdat hy honger het;  
 
Pro 6:31
 
en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig vergoeding gee; al die goed van sy huis moet hy gee.  
 
Pro 6:32
 
Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets;  
 
Pro 6:33
 
slae en skande sal hy kry, en sy smaad sal nie uitgewis word nie;  
 
Pro 6:34
 
want jaloersheid is 'n toorngloed in 'n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie;  
 
Pro 6:35
 
hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Psalms 1Proverbs 51 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 Proverbs 7Ecclesiastes 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards