| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Pro 4:1 | Hoor, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;
| |
| | Pro 4:2 | want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie.
| |
| | Pro 4:3 | Want toe ek 'n seun was by my vader, teer en 'n enigste voor my moeder,
| |
| | Pro 4:4 | het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe.
| |
| | Pro 4:5 | Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie:
| |
| | Pro 4:6 | verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak.
| |
| | Pro 4:7 | Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.
| |
| | Pro 4:8 | Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels.
| |
| | Pro 4:9 | Dit sal 'n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou 'n sierlike kroon verskaf.
| |
| | Pro 4:10 | Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word.
| |
| | Pro 4:11 | In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree;
| |
| | Pro 4:12 | as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie.
| |
| | Pro 4:13 | Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe.
| |
| | Pro 4:14 | Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie.
| |
| | Pro 4:15 | Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby;
| |
| | Pro 4:16 | want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot 'n val bring nie.
| |
| | Pro 4:17 | Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid.
| |
| | Pro 4:18 | Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,
| |
| | Pro 4:19 | is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie.
| |
| | Pro 4:20 | My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde,
| |
| | Pro 4:21 | laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart.
| |
| | Pro 4:22 | Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam.
| |
| | Pro 4:23 | Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.
| |
| | Pro 4:24 | Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe.
| |
| | Pro 4:25 | Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.
| |
| | Pro 4:26 | Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees,
| |
| | Pro 4:27 | wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid.
| |