All NT OTBook
Compare Texts
Psalms 1 Proverbs 30

Proverbs 31:1-31

Ecclesiastes 1 Ecclesiastes 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Pro 31:1
 
Die woorde van Lémuël, die koning van Massa, waarmee sy moeder hom vermaan het:  
 
Pro 31:2
 
Wat, my seun, ja wat, seun van my skoot, ja wat, seun van my geloftes, sal ek sê?  
 
Pro 31:3
 
Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie.  
 
Pro 31:4
 
Die konings, o Lémuël, die konings moet nie wyn drink nie, en die vorste moet nie sterk drank begeer nie;  
 
Pro 31:5
 
anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges.  
 
Pro 31:6
 
Gee sterk drank aan hom wat wil ondergaan, en wyn aan die wat bitter bedroef is.  
 
Pro 31:7
 
Laat hy drink en sy armoede vergeet en aan sy moeite nie meer dink nie.  
 
Pro 31:8
 
Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.  
 
Pro 31:9
 
Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.  
 
Pro 31:10
 
Alef. Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.  
 
Pro 31:11
 
Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.  
 
Pro 31:12
 
Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.  
 
Pro 31:13
 
Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.  
 
Pro 31:14
 
He. Sy is soos die skepe van 'n handelaar--van ver af bring sy haar brood in.  
 
Pro 31:15
 
Wau. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.  
 
Pro 31:16
 
Sajin. Sy dink na oor 'n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy 'n wingerd.  
 
Pro 31:17
 
Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.  
 
Pro 31:18
 
Tet. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie.  
 
Pro 31:19
 
Jod. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas.  
 
Pro 31:20
 
Kaf. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.  
 
Pro 31:21
 
Lamed. Sy is nie bevrees vir haar huisgesin vanweë die sneeu nie, want haar hele huisgesin dra skarlaken stof.  
 
Pro 31:22
 
Mem. Sy maak vir haarself dekens, haar tabberd is van fyn linne en purper.  
 
Pro 31:23
 
Noen. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.  
 
Pro 31:24
 
Samek. Sy maak hemde en verkoop dit, en gordels lewer sy aan die handelaars.  
 
Pro 31:25
 
Ajin. Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.  
 
Pro 31:26
 
Pe. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.  
 
Pro 31:27
 
Sade. Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van luiheid eet sy nie.  
 
Pro 31:28
 
Kof. Haar seuns tree op en noem haar gelukkig, haar man ook, en hy prys haar:  
 
Pro 31:29
 
Resj. Baie dogters het hulle knap gedra, maar jy oortref hulle almal.  
 
Pro 31:30
 
Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.  
 
Pro 31:31
 
Tau. Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poort.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Psalms 1Proverbs 301 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 Ecclesiastes 1Ecclesiastes 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards