| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Pro 3:1 | My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar;
| |
| | Pro 3:2 | want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder.
| |
| | Pro 3:3 | Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart,
| |
| | Pro 3:4 | dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense.
| |
| | Pro 3:5 | Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.
| |
| | Pro 3:6 | Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
| |
| | Pro 3:7 | Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad;
| |
| | Pro 3:8 | dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.
| |
| | Pro 3:9 | Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste;
| |
| | Pro 3:10 | dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.
| |
| | Pro 3:11 | My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,
| |
| | Pro 3:12 | want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.
| |
| | Pro 3:13 | Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry;
| |
| | Pro 3:14 | want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud;
| |
| | Pro 3:15 | dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie.
| |
| | Pro 3:16 | In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer;
| |
| | Pro 3:17 | sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede.
| |
| | Pro 3:18 | Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig.
| |
| | Pro 3:19 | Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel;
| |
| | Pro 3:20 | deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup.
| |
| | Pro 3:21 | My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg,
| |
| | Pro 3:22 | dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals;
| |
| | Pro 3:23 | dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie;
| |
| | Pro 3:24 | as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees.
| |
| | Pro 3:25 | Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie;
| |
| | Pro 3:26 | want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik.
| |
| | Pro 3:27 | Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie.
| |
| | Pro 3:28 | Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee--terwyl jy dit het.
| |
| | Pro 3:29 | Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie.
| |
| | Pro 3:30 | Twis nie sonder oorsaak met 'n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie.
| |
| | Pro 3:31 | Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie.
| |
| | Pro 3:32 | Want die verkeerde is vir die HERE 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes.
| |
| | Pro 3:33 | Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.
| |
| | Pro 3:34 | As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade.
| |
| | Pro 3:35 | Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande.
| |