| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Pro 23:1 | Sit jy aan om saam met 'n heerser te eet, let dan net op wat vóór jou is,
| |
| | Pro 23:2 | en sit 'n mes op jou keel as jy 'n goeie eetlus het.
| |
| | Pro 23:3 | Moenie sy lekker ete begeer nie, want dit is bedrieglike spys.
| |
| | Pro 23:4 | Vermoei jou nie om ryk te word nie, laat staan jou slimheid.
| |
| | Pro 23:5 | Sou jy jou oë daarop laat afvlieg? Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend na die hemel toe!
| |
| | Pro 23:6 | Eet nie die brood van een wat afgunstig is nie, en begeer nie sy lekker ete nie.
| |
| | Pro 23:7 | Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.
| |
| | Pro 23:8 | Jou stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspuug; en dan het jy jou vriendelike woorde verspil.
| |
| | Pro 23:9 | Spreek nie voor die ore van 'n dwaas nie, want hy sal die verstandigheid van jou woorde verag.
| |
| | Pro 23:10 | Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie.
| |
| | Pro 23:11 | Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.
| |
| | Pro 23:12 | Bring jou hart na die tug en jou oor na woorde van kennis.
| |
| | Pro 23:13 | Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.
| |
| | Pro 23:14 | Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red.
| |
| | Pro 23:15 | My seun, as jou hart wys word, dan sal my hart hom ook verheug.
| |
| | Pro 23:16 | En my niere sal jubel as jou lippe spreek wat reg is.
| |
| | Pro 23:17 | Laat jou hart die sondaars nie beny nie, maar wees die hele dag in die vrees van die HERE.
| |
| | Pro 23:18 | Waarlik, daar is 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
| |
| | Pro 23:19 | Hoor, my seun, en word wys, en rig jou hart reguit op die weg.
| |
| | Pro 23:20 | Wees nie onder die wynsuipers nie, onder die wat as vrate hulle hart ophaal.
| |
| | Pro 23:21 | Want 'n drinker en 'n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.
| |
| | Pro 23:22 | Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.
| |
| | Pro 23:23 | Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.
| |
| | Pro 23:24 | Die vader van 'n regverdige juig baie; en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.
| |
| | Pro 23:25 | Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.
| |
| | Pro 23:26 | My seun, gee my jou hart, en laat jou oë 'n welgevalle hê in my weë.
| |
| | Pro 23:27 | Want 'n hoer is 'n diep kuil, en 'n ontugtige vrou is 'n nou put.
| |
| | Pro 23:28 | Sy lê ook en loer soos 'n rower en vermeerder die ontroues onder die mensdom.
| |
| | Pro 23:29 | By wie is "Ag!"; by wie is "Wee my!"; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?
| |
| | Pro 23:30 | By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.
| |
| | Pro 23:31 | Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:
| |
| | Pro 23:32 | op die end byt dit soos 'n slang en spuug gif uit soos 'n basilisk.
| |
| | Pro 23:33 | Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;
| |
| | Pro 23:34 | en jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê.
| |
| | Pro 23:35 | Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie! (23:36) Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek.
| |