All NT OTBook
Compare Texts
Psalms 1 Proverbs 21

Proverbs 22:1-29

Proverbs 23 Ecclesiastes 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Pro 22:1
 
'n Naam is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.  
 
Pro 22:2
 
Rykes en armes ontmoet mekaar, die HERE het hulle almal gemaak.  
 
Pro 22:3
 
'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf.  
 
Pro 22:4
 
Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.  
 
Pro 22:5
 
Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan.  
 
Pro 22:6
 
Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.  
 
Pro 22:7
 
Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen.  
 
Pro 22:8
 
Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn.  
 
Pro 22:9
 
Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee.  
 
Pro 22:10
 
Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op.  
 
Pro 22:11
 
Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is--die koning is sy vriend.  
 
Pro 22:12
 
Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue.  
 
Pro 22:13
 
Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word!  
 
Pro 22:14
 
Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val.  
 
Pro 22:15
 
As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.  
 
Pro 22:16
 
Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.  
 
Pro 22:17
 
Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis.  
 
Pro 22:18
 
Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe.  
 
Pro 22:19
 
Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.  
 
Pro 22:20
 
Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis,  
 
Pro 22:21
 
om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie?  
 
Pro 22:22
 
Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie.  
 
Pro 22:23
 
Want die HERE sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe.  
 
Pro 22:24
 
Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie,  
 
Pro 22:25
 
sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en 'n strik vir jouself span nie.  
 
Pro 22:26
 
Wees nie onder die wat 'n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie.  
 
Pro 22:27
 
As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem?  
 
Pro 22:28
 
Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie.  
 
Pro 22:29
 
Sien jy 'n man wat vaardig is in sy werk--hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Psalms 1Proverbs 211 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 Proverbs 23Ecclesiastes 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards