| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Pro 2:1 | My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,
| |
| | Pro 2:2 | sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;
| |
| | Pro 2:3 | ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,
| |
| | Pro 2:4 | as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,
| |
| | Pro 2:5 | dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind
| |
| | Pro 2:6 | (want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,
| |
| | Pro 2:7 | en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel
| |
| | Pro 2:8 | deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);
| |
| | Pro 2:9 | dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid--elke goeie pad.
| |
| | Pro 2:10 | Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;
| |
| | Pro 2:11 | oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,
| |
| | Pro 2:12 | om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;
| |
| | Pro 2:13 | van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;
| |
| | Pro 2:14 | die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,
| |
| | Pro 2:15 | van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;
| |
| | Pro 2:16 | om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei
| |
| | Pro 2:17 | (wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet;
| |
| | Pro 2:18 | want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;
| |
| | Pro 2:19 | almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie)
| |
| | Pro 2:20 | sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;
| |
| | Pro 2:21 | want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,
| |
| | Pro 2:22 | maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.
| |