All NT OTBook
Compare Texts
Psalms 1 Proverbs 17

Proverbs 18:1-24

Proverbs 19 Ecclesiastes 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Pro 18:1
 
Hy wat hom afskei, soek sy eie begeerte; hy bestry alles wat waarlik tot voordeel strek.  
 
Pro 18:2
 
Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word.  
 
Pro 18:3
 
As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading.  
 
Pro 18:4
 
Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid.  
 
Pro 18:5
 
Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie.  
 
Pro 18:6
 
Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae.  
 
Pro 18:7
 
Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe 'n strik vir sy lewe.  
 
Pro 18:8
 
Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste.  
 
Pro 18:9
 
Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is 'n broer van 'n verwoester.  
 
Pro 18:10
 
Die Naam van die HERE is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut.  
 
Pro 18:11
 
Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos 'n steil muur in sy verbeelding.  
 
Pro 18:12
 
Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.  
 
Pro 18:13
 
Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit 'n sotheid en 'n skande wees.  
 
Pro 18:14
 
Die gees van 'n man ondersteun hom in sy krankheid; maar 'n verslae gees--wie kan dit opbeur?  
 
Pro 18:15
 
Die hart van die verstandige verwerf kennis, en die oor van wyse soek na kennis.  
 
Pro 18:16
 
Die geskenk van iemand maak vir hom ruimte en bring hom in die teenwoordigheid van die aansienlikes.  
 
Pro 18:17
 
Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.  
 
Pro 18:18
 
Die lot laat die geskille ophou en maak sterkes uitmekaar.  
 
Pro 18:19
 
'n Broer teen wie oortree is, is erger as 'n sterk stad; en geskille is soos die grendel van 'n paleis.  
 
Pro 18:20
 
Van die vrug van iemand se mond word sy maag versadig; hy word versadig van die opbrings van sy lippe.  
 
Pro 18:21
 
Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.  
 
Pro 18:22
 
Wie 'n vrou gevind het, het iets goeds gevind en 'n welgevalle van die HERE verkry.  
 
Pro 18:23
 
Die arme spreek smekinge, maar die ryke antwoord harde dinge.  
 
Pro 18:24
 
'n Man met baie vriende word geruïneer, maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Psalms 1Proverbs 171 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 Proverbs 19Ecclesiastes 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards