All NT OTBook
Compare Texts
Psalms 1 Proverbs 16

Proverbs 17:1-28

Proverbs 18 Ecclesiastes 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Pro 17:1
 
Beter is 'n stuk droë brood en rus daarby as 'n huis vol offermaaltye met getwis.  
 
Pro 17:2
 
'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.  
 
Pro 17:3
 
Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte.  
 
Pro 17:4
 
Die kwaaddoener gee ag op 'n bedrieglike lip, 'n leuenaar luister na 'n tong wat onheil stig.  
 
Pro 17:5
 
Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor 'n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.  
 
Pro 17:6
 
Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.  
 
Pro 17:7
 
Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele!  
 
Pro 17:8
 
Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.  
 
Pro 17:9
 
Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.  
 
Pro 17:10
 
'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan.  
 
Pro 17:11
 
Die wederstrewige soek net onheil, maar 'n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur.  
 
Pro 17:12
 
Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, maar nie 'n dwaas in sy sotheid nie.  
 
Pro 17:13
 
Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.  
 
Pro 17:14
 
Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.  
 
Pro 17:15
 
Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.  
 
Pro 17:16
 
Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?  
 
Pro 17:17
 
Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.  
 
Pro 17:18
 
Dit is 'n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.  
 
Pro 17:19
 
Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.  
 
Pro 17:20
 
Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk.  
 
Pro 17:21
 
Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie.  
 
Pro 17:22
 
'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.  
 
Pro 17:23
 
Die goddelose neem 'n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.  
 
Pro 17:24
 
Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde.  
 
Pro 17:25
 
'n Dwase seun is 'n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.  
 
Pro 17:26
 
Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie--om edeles te slaan is onbetaamlik.  
 
Pro 17:27
 
Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand.  
 
Pro 17:28
 
Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Psalms 1Proverbs 161 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 Proverbs 18Ecclesiastes 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards