| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Pro 15:1 | 'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom.
| |
| | Pro 15:2 | Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel.
| |
| | Pro 15:3 | Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies.
| |
| | Pro 15:4 | Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.
| |
| | Pro 15:5 | Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.
| |
| | Pro 15:6 | In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring.
| |
| | Pro 15:7 | Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.
| |
| | Pro 15:8 | Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.
| |
| | Pro 15:9 | Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.
| |
| | Pro 15:10 | 'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe.
| |
| | Pro 15:11 | Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die HERE, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!
| |
| | Pro 15:12 | Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie.
| |
| | Pro 15:13 | 'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.
| |
| | Pro 15:14 | Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om.
| |
| | Pro 15:15 | Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.
| |
| | Pro 15:16 | Liewer 'n bietjie in die vrees van die HERE, as 'n groot skat en onrus daarby.
| |
| | Pro 15:17 | Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby.
| |
| | Pro 15:18 | 'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.
| |
| | Pro 15:19 | Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak.
| |
| | Pro 15:20 | 'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder.
| |
| | Pro 15:21 | Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit.
| |
| | Pro 15:22 | Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand.
| |
| | Pro 15:23 | 'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd!
| |
| | Pro 15:24 | Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk.
| |
| | Pro 15:25 | Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas.
| |
| | Pro 15:26 | Die planne van die slegte is vir die HERE 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.
| |
| | Pro 15:27 | Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe.
| |
| | Pro 15:28 | Die hart van die regverdige dink ná om te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel.
| |
| | Pro 15:29 | Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.
| |
| | Pro 15:30 | Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet.
| |
| | Pro 15:31 | Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef.
| |
| | Pro 15:32 | Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand.
| |
| | Pro 15:33 | Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf.
| |