| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Pro 14:1 | Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.
| |
| | Pro 14:2 | Wie in sy opregtheid wandel, vrees die HERE; maar hy wat verkeerd is in sy weë, verag Hom.
| |
| | Pro 14:3 | In die mond van die sot is 'n roede vir sy trots, maar die lippe van die wyse bewaar hulle.
| |
| | Pro 14:4 | Waar geen beeste is nie, is die krip leeg, maar deur die krag van die os is die inkomste baie.
| |
| | Pro 14:5 | 'n Betroubare getuie lieg nie, maar 'n valse getuie strooi leuens uit.
| |
| | Pro 14:6 | Die spotter soek wysheid, en dit is nie daar nie; maar vir die verstandige is kennis maklik.
| |
| | Pro 14:7 | Gaan weg voor 'n dwase man, want jy het daar niks gemerk van die lippe van kennis nie.
| |
| | Pro 14:8 | Die wysheid van die skrandere is om sy weg te verstaan, maar die sotheid van die dwase is bedrog.
| |
| | Pro 14:9 | Die skuldoffer spot met die dwase, maar tussen die opregtes is daar welwillendheid.
| |
| | Pro 14:10 | Die hart ken sy eie verdriet, en in sy blydskap kan 'n ander hom nie meng nie.
| |
| | Pro 14:11 | Die huis van die goddelose word verdelg, maar die tent van die opregtes bloei.
| |
| | Pro 14:12 | Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
| |
| | Pro 14:13 | Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis.
| |
| | Pro 14:14 | Uit sy eie wandel word die verkeerde van hart versadig, maar die goeie man uit syne.
| |
| | Pro 14:15 | Die eenvoudige glo elke woord, maar die skrandere let op sy voetstappe.
| |
| | Pro 14:16 | Die wyse vrees en wyk af van die kwaad, maar die dwaas bruis op en is vol selfvertroue.
| |
| | Pro 14:17 | Wie kortgebonde is, begaan sotheid; en 'n slinkse man word gehaat.
| |
| | Pro 14:18 | Die eenvoudiges verkry sotheid as 'n erfenis, maar die skranderes word met kennis gekroon.
| |
| | Pro 14:19 | Die slegtes moet buig voor die goeies, en die goddelose by die poorte van die regverdige.
| |
| | Pro 14:20 | Die arme word selfs deur sy naaste gehaat, maar die vriende van die ryke is talryk.
| |
| | Pro 14:21 | Wie sy naaste verag, doen sonde; maar hy wat medelyde het met die ellendiges, hy is gelukkig.
| |
| | Pro 14:22 | Verdwaal hulle nie wat onheil bewerk nie? Maar liefde en trou is vir die wat die goeie bewerk.
| |
| | Pro 14:23 | In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.
| |
| | Pro 14:24 | Die kroon van die wyse is hulle rykdom, die sotheid van die dwase bly sotheid.
| |
| | Pro 14:25 | 'n Betroubare getuie red lewens, maar hy wat leuens uitstrooi, is bedrog.
| |
| | Pro 14:26 | In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees.
| |
| | Pro 14:27 | Die vrees van die HERE is 'n fontein van die lewe, om van die strikke van die dood af te wyk.
| |
| | Pro 14:28 | In die menigte van die volk lê die heerlikheid van die koning, maar in die gebrek aan mense die ondergang van die vors.
| |
| | Pro 14:29 | Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.
| |
| | Pro 14:30 | 'n Rustige hart is die lewe vir die vlees, maar hartstog 'n verrotting vir die gebeente.
| |
| | Pro 14:31 | Wie die geringe verdruk, versmaad sy Maker, maar hy wat hom oor die behoeftige ontferm, eer Hom.
| |
| | Pro 14:32 | In sy ongeluk word die goddelose omgestoot, maar die regverdige vind 'n toevlug by sy dood.
| |
| | Pro 14:33 | Wysheid rus in die hart van die verstandige, word selfs rugbaar te midde van die dwase.
| |
| | Pro 14:34 | Geregtigheid verhoog 'n volk, maar die sonde is 'n skandvlek vir die nasies.
| |
| | Pro 14:35 | Die welbehae van die koning is vir 'n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is 'n voorwerp van sy grimmigheid.
| |