All NT OTBook
Compare Texts
Psalms 1 Proverbs 11

Proverbs 12:1-28

Proverbs 13 Ecclesiastes 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Pro 12:1
 
Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.  
 
Pro 12:2
 
Die goeie verkry 'n welbehae van die HERE, maar Hy veroordeel 'n slinkse man.  
 
Pro 12:3
 
Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.  
 
Pro 12:4
 
'n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos 'n verrotting in sy gebeente.  
 
Pro 12:5
 
Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog.  
 
Pro 12:6
 
Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle.  
 
Pro 12:7
 
Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.  
 
Pro 12:8
 
Ooreenkomstig sy insig word 'n man geprys; maar 'n verkeerde van hart sal verag word.  
 
Pro 12:9
 
Wie gering geag word en 'n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het.  
 
Pro 12:10
 
Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.  
 
Pro 12:11
 
Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.  
 
Pro 12:12
 
Die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge, maar die wortel van die regverdiges lewer vrugte op.  
 
Pro 12:13
 
In die oortreding van die lippe lê daar 'n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.  
 
Pro 12:14
 
Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van 'n mens se hande kom op hom terug.  
 
Pro 12:15
 
Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.  
 
Pro 12:16
 
Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.  
 
Pro 12:17
 
Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar 'n valse getuie bedrog.  
 
Pro 12:18
 
Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.  
 
Pro 12:19
 
'n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar 'n valse tong vir 'n oomblik.  
 
Pro 12:20
 
Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.  
 
Pro 12:21
 
Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar die goddelose is vol ongeluk.  
 
Pro 12:22
 
Valse lippe is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel.  
 
Pro 12:23
 
'n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit.  
 
Pro 12:24
 
Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.  
 
Pro 12:25
 
Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.  
 
Pro 12:26
 
Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal.  
 
Pro 12:27
 
Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is 'n kosbare skat vir 'n mens.  
 
Pro 12:28
 
Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid.  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Psalms 1Proverbs 111 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 Proverbs 13Ecclesiastes 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards