All NT OTBook
Compare Texts
Psalms 1 Proverbs 10

Proverbs 11:1-31

Proverbs 12 Ecclesiastes 1

Afrikaanse Bybel

 
 
 
Pro 11:1
 
'n Valse weegskaal is vir die HERE 'n gruwel, maar in 'n volle gewig het Hy behae.  
 
Pro 11:2
 
Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.  
 
Pro 11:3
 
Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle.  
 
Pro 11:4
 
Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood.  
 
Pro 11:5
 
Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid.  
 
Pro 11:6
 
Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontroues gevang.  
 
Pro 11:7
 
By die dood van 'n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan.  
 
Pro 11:8
 
Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek.  
 
Pro 11:9
 
Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered.  
 
Pro 11:10
 
Oor die voorspoed van die regverdiges jubel 'n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel.  
 
Pro 11:11
 
Deur die seën van die opregtes kom 'n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek.  
 
Pro 11:12
 
Die verstandelose verag sy naaste, maar 'n verstandige man bly stil.  
 
Pro 11:13
 
Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak.  
 
Pro 11:14
 
As daar nie goeie oorleg is nie, val 'n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding.  
 
Pro 11:15
 
Baie sleg word iemand behandel as hy vir 'n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig.  
 
Pro 11:16
 
'n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom.  
 
Pro 11:17
 
'n Man wat 'n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees.  
 
Pro 11:18
 
Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon.  
 
Pro 11:19
 
Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood.  
 
Pro 11:20
 
Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE 'n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is.  
 
Pro 11:21
 
Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry.  
 
Pro 11:22
 
'n Goue ring in 'n vark se snuit, so is 'n vrou wat mooi is maar sonder beleid.  
 
Pro 11:23
 
Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is 'n strafgerig van toorn.  
 
Pro 11:24
 
Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.  
 
Pro 11:25
 
Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.  
 
Pro 11:26
 
Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop.  
 
Pro 11:27
 
Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom.  
 
Pro 11:28
 
Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.  
 
Pro 11:29
 
Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart is.  
 
Pro 11:30
 
Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.  
 
Pro 11:31
 
As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar!  

Genesis | Exodus | Leviticus | Numbers | Deuteronomy | Joshua | Judges | Ruth | 1 Samuel | 2 Samuel | 1 Kings | 2 Kings | 1 Chronicles | 2 Chronicles | Ezra | Nehemiah | Esther | Job | Psalms | Proverbs | Ecclesiastes | Song of Solomon | Isaiah | Jeremiah | Lamentations | Ezekiel | Daniel | Hosea | Joel | Amos | Obadiah | Jonah | Micah | Nahum | Habakkuk | Zephaniah | Haggai | Zechariah | Malachi | Matthew | Mark | Luke | John | Acts | Romans | 1 Corinthians | 2 Corinthians | Galatians | Ephesians | Philippians | Colossians | 1 Thessalonians | 2 Thessalonians | 1 Timothy | 2 Timothy | Titus | Philemon | Hebrews | James | 1 Peter | 2 Peter | 1 John | 2 John | 3 John | Jude | Revelation
Psalms 1Proverbs 101 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 Proverbs 12Ecclesiastes 1
© 2005 redegg.org Home | Bible | About | Help | Site Map | Violin Flash Cards