| |
Afrikaanse Bybel |  | |
 |
| |
| | Pro 10:1 | Die spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.
| |
| | Pro 10:2 | Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.
| |
| | Pro 10:3 | Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.
| |
| | Pro 10:4 | Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.
| |
| | Pro 10:5 | Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak.
| |
| | Pro 10:6 | Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
| |
| | Pro 10:7 | Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.
| |
| | Pro 10:8 | Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.
| |
| | Pro 10:9 | Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.
| |
| | Pro 10:10 | Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot 'n val.
| |
| | Pro 10:11 | Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
| |
| | Pro 10:12 | Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.
| |
| | Pro 10:13 | Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.
| |
| | Pro 10:14 | Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is.
| |
| | Pro 10:15 | Die goed van die ryke is vir hom 'n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.
| |
| | Pro 10:16 | Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.
| |
| | Pro 10:17 | 'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.
| |
| | Pro 10:18 | Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.
| |
| | Pro 10:19 | By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.
| |
| | Pro 10:20 | Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.
| |
| | Pro 10:21 | Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.
| |
| | Pro 10:22 | Die seën van die HERE--dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.
| |
| | Pro 10:23 | Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand.
| |
| | Pro 10:24 | Waar die goddelose bang voor is--dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.
| |
| | Pro 10:25 | Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.
| |
| | Pro 10:26 | Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.
| |
| | Pro 10:27 | Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.
| |
| | Pro 10:28 | Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.
| |
| | Pro 10:29 | Die weg van die HERE is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
| |
| | Pro 10:30 | Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.
| |
| | Pro 10:31 | Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.
| |
| | Pro 10:32 | Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.
| |